Ons kry raad by twee vroue wat deur die fiksheidsgogga gebyt is
Dr Piére Nel, ’n kliniese sielkundige van Bloemfontein wat in sport en gesondheid spesialiseer, sê die 10 P’s is belangrik
Prentjie: Sien die prentjie van waar jy eendag wil uitkom.
Perspektief: Verander jou perspektief oor jouself. Sien jouself as iemand wat van ’n gesonde liggaamsmassa en lewenstyl hou. Jy kan dit met NLP-tegnieke verander.
Plan: Ontwikkel ’n plan van hoe jy dit gaan doen.
Passie: Raak passievol oor jou plan.
Positiewe mense: Omring jouself met positiewe mense.
Pas: Kry jou eie pas en wees geduldig met jouself.
Perseverance: Byt vas en moenie moed opgee nie.
Prys van trots: Moenie dat vals trots jou keer om te begin nie. Gedagtes soos ‘netnou maak ek dit nie. Ek gaan liewer nie begin nie’, kan onbewustelik jou pogings kelder.
Dr Piére sê: “You have to take the plunge and you have to pay the price in order to win the prize!”
Hannalo Cilliers van Humansdorp in die Oos-Kaap se 3 topwenke:
1. Stel vir jouself doelwitte, of dit nou gewig of afstande is. Weet vooraf wat jou mikpunt is en probeer dit bereik.
2. Skryf jouself vir plaaslike kompetisies in en begin daarvoor oefen: Dit gee jou ’n doelwit om voor te werk.
3. Praat met mense wat ondervinding het: Soek jou inspirasie by iemand wat twee treë voor jou is.
Annemarie Truter van Pretoria se 3 topwenke
Stap-vir-stap: “Op ’n wintersoggend as ek moet oefen, sal ek selfs vir myself sê: Staan net op en loop tot by die wasbak en borsel jou tande. Trek aan. Moenie vooruit dink dat jy jouself nou gaan dood oefen nie. Vat dit een stap op ’n slag.”
Herinner jouself hoe lekker dit voel. “As ek daardie satisfaksie ná ’n goeie oefensessie het, sê ek vir myself: ‘Dit wat ek nou voel, moet ek myself elke keer aan herinner.’ Dit voel so goed!”
Vind jou eie tempo. Daar bestaan nie so iets soos gou-gou nie. Ek het altyd in die verlede ’n verskoning gesoek, maar kleiner, korter doelwitte help jou om realisties te bly en sodra jy jou doelwit bereik, motiveer dit jou.”