Die Weylandts-takke regoor die land het pas ‘n nuwe byderwetse baadjie gekry. Die palet is donkerder, met baie plante, nuwe kombuisgereedskap, baie hout en swart metaal. Natuurlike- en herwonne hout is ook nou hoogmode in die winkels.
Gaste is op eetgoed en wyne van Maison, die landgoed in Franschhoek, wat ook die eienaar van Weylandts, Chris Weylandt, se tuiste is, trakteer, terwyl hy meer vertel het van die nuwe voorkoms.
“Ons nuwe produkte is ‘n perfekte vermenging van verfynde ontwerp met die beste, natuurlike produkte, wat getrou bly aan hul DNS,” sê Chris.
Die nuwe voorkoms sluit ook ‘n uitgebreide kombuis-afdeling in, waar rou staal die beste vertoonkas is vir die kookware van noord-Europa met kombuismesse van Duitsland en Japan. Breekware-reekse uit Portugal sit knus langs plaaslike produkte en hul Duitse eweknieë.
En natuurlik sal somer nie somer kan wees sonder oordadige groen plante nie. Elke tak spog met ‘n klein “kweekhuis” gedeelte waar jy meubels, grafies, potte en vele meer sal vind om jou buite leefareas en tuin in ‘n lushof te omskep.
Reinier Zandberg, Tim Culley, Kim Smith en Chris Weylandt.
Gaste het wyne van Maison geniet.
Die buitelewe is nou ook gewild binne en die oulike plante, grawe en ander tuingereedskap het nou sommer ook nuwe styl.
Die uitgebreide kombuisreeks is ‘n nuwe toevoeging tot die opgeknapte winkels.