Elke jaar op 12 Augustus word die olifant vereer. Wêreld-olifantdag het in 2012 begin om bewusmaking te skep oor die bewaring van olifante wat deurlopend bedreig word deur stropers, vir hul waardevolle ivoor.
-
Die woord “elephant” kom van die Griekse woord “elephas” wat “ivoor” beteken
-
Die gemiddelde lewensduur van ‘n olifant is tussen 50 tot 70 jaar
-
‘n Olifant se swangerskap duur 22 maande. Langer as enige ander landdier ter wêreld
-
Die olifant gebruik sy groot ore om oortollige hitte weg van sy liggaam te waai
-
‘n Olifant se vel is ongeveer 2,5cm dik
-
Olifante het swak sig, maar ‘n ongelooflike reuksin
-
Die olifantslurp het meer as 40 000 spiere
-
Nes mense room aan hul lywe smeer, besmeer olifante hulself met modder om hul vel te bevog
-
Olifante slaap gewoonlik net vir 2 tot 3 ure ‘n dag
-
‘n Volwasse olifant benodig tot en met 300kg kos en 160 liter water per dag
Bronne:
http://worldelephantday.org/about
http://africageographic.com/blog/10-fascinating-facts-about-elephants/
http://www.happyelephantcontest.com/fun-facts/
SOURCES
Francois Fourie