Voel jy soms angstig en oorweldig deur vrees en paniek? Hier is raad.
Volg hierdie wenke om paniek hok te slaan
- Raak stil en wees rustig. Haal stadiger asem, laat jou gedagtes stil raak, beweeg stadiger, ensovoorts.
- Visualiseer ’n kalm toneel met jou in die middel van die toneel.
- Gaan stap ’n entjie.
- Herroep vorige situasies waar jy in beheer was.
- Visualiseer hoe dat ’n vertroueling jou ondersteun.
- Raak besig en fokus op iets anders.
- Strek jou uit, rek en gaap.
- Onthou dat ’n aanval altyd ophou.
