V’DODILI, ‘n juweliersware-boetiek, gefokus op die ontwerp van unieke en persoonlike juweliersware, kondig hul nuutste reeks aan. Die reeks is geïnspireer deur die Suid-Afrikaanse fliek Modder en Bloed. Die rolprent speel teen die agtergrond van die Anglo-Boere-oorlog af. Erika Cronjé, stigter van V’DODILI, het hierdie unieke reeks ontwerp.
“V’DODILI het ‘n ongelooflike en unieke reeks juweliersware ontwerp wat deur die hoofaktrise, Charlotte Salt, gedra is,” sê Llewellynn Greef van Dark Matter Studios, vervaardigers van Modder en Bloed. “Dit gebeur nie gereeld dat ‘n top-gehalte- vervaardiger soos V’DODILI betrokke raak om juwele te skep spesifiek vir die doel van ‘n fliek nie en wat nog nooit vantevore gesien is nie. Met die maak van ‘n nuwe fliek is daar altyd die geleentheid om saam met nuwe en opwindende produkte en handelsmerke te werk. Met Modder en Bloed het ons die voorreg gehad om saam met V’DODILI te werk.”
“Ons is opgewonde om die V’DODILI Modder en Bloed-reeks aan te kondig,” sê Erika Cronjé, stigter van V’DODILI. “Hierdie epiese fliek het unieke inspirasie vir die reeks gebied. Natuurlike hulpbronne (steen, hout, metale) was gebruik vir juweliersware en ander items tussen 1899–1902. Ons het die antieke styl en moderne tegnieke saam gebring om die Modder en Bloed-reeks te skep.”
Die Britse aktrise Charlotte Salt (wat Katherine Sterndale speel in Modder en Bloed) met die oorbelle
Die fliek, wat ‘n groep Anglo-Boereoorlog-gevangenes op St. Helena-eiland se ontberings, uithouvermoë en die dapper aanvaarding van ‘n uitdaging uitbeeld, spog met een van die grootste rolverdelings nog in ‘n Suid-Afrikaanse fliek. Die rolprent is op 1 April 2016 plaaslik vrygestel en wys landswyd in teaters. Klik hier om die lokprent van die film te kyk
[iframe width=”560″ height=”315″ frameborder=”0″ allowfullscreen=”” src=”https://www.youtube.com/embed/Vxw8IeqY3IM?rel=0″]
Meer oor Erika Cronjé
Erika Cronjé is die stigter en juweliersware-ontwerper van V’DODILI – ‘n juweliersware-boetiek wat fokus op unieke en persoonlike ontwerpersjuweliersware. Erika het reeds vyf jaar ondervinding in ontwerp en vervaardiging. Haar unieke ontwerpstyl gekombineer met haar groot passie vir sake lei daartoe dat sy vinnig opgang in die juwelierswêreld maak.
V’DODILI – ‘n juweliersware-boetiek wat fokus op unieke en persoonlike ontwerpersjuweliersware. Die onderneming is gevestig in Pretoria, Gauteng, en in 2010 deur Erika gestig. V’DODILI is bekend vir die unieke persoonlike ontwerpstyl en vervaardiging van juweliersware vir die Suid-Afrikaanse en internasionale mark. Die naam V’DODILI is verkry van die Hebreeuse begrip “Ani l’dodi v’dodili” wat “Ek is my beminde en my beminde is myne” beteken.
As ‘n unieke en persoonlike juweliersware-vervaardiger, lewer V’DODILI slegs produkte van topgehalte. V’DODILI vertel dus die liefdesverhaal deur die persoonlikheid van die persoon met juwele uit te beeld.
V’DODILI bied ‘n variasie van metale en stene van ‘n hoë gehalte. V’DODILI voer hul eie reeks gesertifiseerde stene in wat aan die Suid-Afrikaanse mark teen redelike pryse beskikbaar gestel word.
Lees meer op www.vdodilil.co.za en volg ook V’DODILI op Facebook, Twitter and Instagram @Vdodili. Kontak [email protected] om jou eie unieke stuk te bestel.