Kan die maand waarin jy gebore is, regtig iets van jou persoonlikheid sê? Of jy nou dink dis kaf of nie, dit mag jou dalk verras
Zerelda Esterhuizen
Kyk ‘n bietjie of jy met die webwerf www.powerofpositivity.com se persoonlikheidskenmerke saamstem:
Januarie
Mense wat in Januarie gebore is, het gewoonlik ‘n sterk werksetiek en huiwer nie om hul mening te lug nie. Hulle is koppig en hou nie daarvan dat ander mense vir hulle vertel wat om te doen nie. Hulle is goeie leiers, maar sukkel soms om na ander te luister. Hulle het ‘n sterk wil om suksesvol te wees en ‘n natuurlike vermoë om ander te leer of te onderrig.
Februarie
Hierdie mense het ‘n skeppingsvermoë en geniet dit om aan nuwe projekte te werk. Hulle geniet intellektuele besprekings en hou nie daarvan om mense te praat wat hulle dink vlak is nie. Hulle is nie gek na rigiede reëls nie en hou van reis en avontuur. Hulle is lojale, eerlike vriende.
Maart
Maart-babas is kreatief en verbeeldingryk, maar is geneig om meer introspektief en stil te wees. Hulle hou daarvan om hulself met kuns uit te druk en geniet alleentyd. Hulle floreer in rustige, vreedsame omgewings en vermy raserige plekke.
April
Dié mense hou van aandag en geniet die kalklig. Hulle hou daarvan om hul eie ding te doen en ander te lei. April-babas hou van nuwe avonture en adrenalien en is geneig om eers te doen en dan te dink. Hulle sê wat hulle wil en kan soms van taktloosheid beskuldig word.
Mei
Hierdie mense is dikwels wispelturig. Hulle soek vandag een ding en môre weer iets anders. Hulle druk hulself goed uit en kan met enigiemand gesels. Hulle het ‘n aktiewe sosiale lewe en hou nie daarvan om te lank op hul eie te wees nie. Hulle geniet stimulerende, intelligente gesprekke en hou van pret en opwinding. Hulle kan gou verveeld raak en is voortdurend op soek na nuwe maniere om hulself te vermaak.
Junie
Hierdie mense is sensitief en gee om vir ander se gevoelens. Hulle is skaam en sagmoedig en baie kreatief. Hulle dink ver in die toekoms en kyk na maniere om hul drome te bewaarheid. Hulle weet nie altyd hoe om hulself uit te druk nie, maar het ‘n hele wêreld binne hulle.
Julie
Mense wat in Julie gebore is, het baie van dieselfde kenmerke as dié in Junie, maar hulle is ‘n bietjie meer uitgaande en spontaan. Hulle hou van avontuur. Hulle kan vol selfvertroue voorkom, maar hulle is goed daarmee om hul pyn en donker geheime weg te steek. Hulle het gewoonlik baie energie en mense hou daarvan om tyd saam met hulle deur te bring.
Augustus
Hulle is natuurlike leiers en nie skaam om hul mening te verkondig nie. Hulle kan baasspelerig wees, maar het ‘n groot hart. Hulle oordink nie dinge nie en kan in hul eie rigiede, metodiese benadering tot die lewe vasgevang bly. Hulle sien hul lewe in logiese stappe. Hulle druk nie hul emosies goed uit nie en dis soms moeilik om hul menslike kant raak te sien.
September
Mense wat in hierdie maand gebore is, het hoë verwagtinge van ander en kan as gevolg van hierdie verwagtinge baie teleurgestel word. Hulle het ‘n koppige streek en kan wrokke vir lank hou. Hulle is sensueel, kreatief en gaaf. Hulle hou daarvan om ander te help.
Oktober
Hierdie mense smag na balans en stabiliteit in hul lewe en het ‘n positiewe lewensuitkyk. Hulle hou nie van konfrontasie nie en sal dit vermy. Hulle het ‘n aktiewe sosiale lewe en geniet hul vriende baie. Hulle is sjarmant, gesels graag en is sterk onafhanklik.
November
Hulle is geheimsinnig en steek dikwels hul ware gevoelens vir ander weg. Hulle hou daarvan om hul eie paadjie uit te kerf en hou niks daarvan as ander mense vir hulle sê wat om te doen nie. Hulle het nie te veel vrese nie en sal kop eerste by ‘n situasie inspring. Hulle laat nie toe dat enigiets hulle keer nie en het ‘n passievolle benadering tot die lewe.
Desember
Hierdie mense is avontuurlik en vrygewig. Hulle het egter ‘n kort lont met mense en sal soms dat hul trots in die pad kom. Hulle hou daarvan om aan die gang te wees en kan nie te lank stilsit nie. Hulle geniet dit baie om mense te onthaal en hul vrygeeskant balanseer hul meer gespanne kant.
BRON: www.powerofpositivity.com