Servikale kanker is een van die algemeenste kankers onder vroue. Die goeie nuus is dat dit genees kan word as dit vroegtydig opgespoor en behandel word.
Servikale kanker behels die onderste gedeelte of die mond van die baarmoeder en is een van die kankers wat die algemeenste onder vroue voorkom. Die goeie nuus is dat dit genees kan word as dit vroegtydig opgespoor en behandel word.
Jou kanse is groter om servikale kanker te kry as …
- jy langdurige menslike papilloomvirusinfeksies (MPV) kry – dit is in 70% van alle gevalle vir servikale kanker verantwoordelik.
- jy ’n verswakte immuunstelsel het.
- jy of jou maat baie ander seksuele of fisieke verhoudings gehad het of het.
- jy meer as drie jaar laas ’n papsmeer gehad het.
- jy rook. Onlangse navorsing toon dat rook die risiko vir servikale kanker met 50% verhoog.
- Jy tussen 18 en 40 jaar oud is.
Let wel: Servikale kanker kan voorkom sonder enige van bogenoemde risikofaktore, maar dit is waarskynliker dat jy servikale kanker kan ontwikkel as een of meer van die faktore voorkom.