Niemand kan agterkom of hierdie robot Yanny of Laurel sê nie en dit het almal aan die stry.
Wat hoor jy?
What do you hear?! Yanny or Laurel pic.twitter.com/jvHhCbMc8I
— Cloe Feldman (@CloeCouture) May 15, 2018
Hier is die wetenskap agter dit
Party mense sê hulle hoor “Yanny” en ander hoor “Laurel”. Klaarblyklik is almal reg! “Yanny” en “Laurel” kan gehoor word. Daar word gespekuleer dat daar twee verskillende stemme in die opname is, een wat “Laurel” teen ‘n lae frekwensie sê en ‘n ander stem wat “Yanny” teen ‘n hoër frekwensie sê. As jy die opname speel teen ‘n frekwensie met meer bas, sal jy tien teen een “Laurel” hoor en as daar minder bas is, sal jy “Yanny” hoor.