Die Robertson Wynvallei het verlede naweek weer hul harte en arms oopgegooi vir besoekers van regoor die land vir die jaarlikse Wacky Wine Weekend. Die fees betrek plase van Ashton, Bonnievale, McGregor en Robertson en is vanjaar vir die 13de jaar gehou.
Maryke Roberts
Daar is vermaak, keldertoere, wynproeë, perderitte, trekkerritte, demonstrasies, praatjies, braaigeleenthede, pannekoek en alles wat meehelp om ’n feestelike atmosfeer te skep en vir stadsjapies te wys hoe lekker die platteland is.
Die volgende valleifees is die Robertson Slow-fees van 5 – 7 Augustus. Besoek www.robertsonslow.com vir meer inligting.
Clairvaux Wynkelder het hul nuwe etikette bekendgestel en al die Wacky-proeërs kon hul menings gee. Marieta Huddlestone en wynmaker Jaco van der Merwe klink ’n glasie.
Die feestelike atmosfeer by Robertson Wynkelder.
Almal se voete tik saam met die ritme van Bottomless Coffee by Van Loveren.
SOURCES
Clifford Roberts