Vir 450 000 kwesbare kinders kan 67 minute van jou tyd vir Nelson Mandela op 13 Julie honger vir ‘n jaar afweer.
Maryke Roberts
Om Nelson Mandela se ryk nalatenskap van die versorging van mense in nood te eer, maak Stop Hunger Southern Africa en Sun International se GrandWest casino gereed om 450 000 etes te pak. Op 13 Julie skop die veldtog af by GrandWest, Goodwood, Kaapstad met die gas van die dag, Graca Machel (die beskermvrou van Stop Hunger Now), Siba die TV sjef en Mej. Suid-Afrika.
Die nasionale Mandeladag herdenking sal ook by ander Sun International eiendomme plaasvind, naamlik die Boardwalk in Port Elizabeth op 16 Julie, Sibaya in KwaZulu-Natal op 18 Julie, Carnival City in Johannesburg op 19 Julie en Sun City op 20 Julie.
Die inisiatief maak deel uit van die wêreldwye Stop Hunger Now veldtog om Internasionale Mandeladag te merk deur die pak en verspreiding van kospakkies aan mense in nood. Elke maaltydboks bevat 36 maaltydsakke, elk met ses maaltye in. Elke maaltydsak word so beplan om optimale voedingswaarde aan kinders te verskaf. Die sakke is gepak met rys, soja, sopmengsel en 'n vitamiensakkie met 23 noodsaaklike vitamiene en minerale.
Op Woensdag 13 Julie tussen 08:30 en 17:00 sal GrandWest se Mark Saal in ‘n vaartbelynde pakhuis met 30 produksielyne omskep word wat uit 20 vrywilligers elk bestaan. 600 vrywilligers van 150 drie-lid spanne gaan vier skofte werk om ‘n totaal van 12 500 bokse te pak.
Besighede kan inskryf en individue kan ook deelneem. Verskillende bedrae as skenkings word benodig vir deelname.
Vooraf registrasie kan óf aanlyn gedoen word via http://www.stophungernow.org/south-africas-million-meal-challenge-for-mandela-day/ of per epos aan [email protected] om ‘n registrasie vorm aan te vra.
Maryke is ’n ervare joernalis, wat haar liefde vir reis, mense, boeke, teater en lekker kos en wyn, op hierdie manier kan uitleef. Sy was al op elke uithoek van die aardbol – bo die wolke; in ’n lugballon; onder die water in ’n duikboot en onder die grond in tonnels – en gaan nêrens sonder haar reisgenoot, eggenoot en mede-joernalis, Clifford nie. Sy glo die lewe is te kort vir slegte koffie.