Vroue moet meer in hul lywe leef, vertel ‘n seksuoloog vir Carla van der Spuy
Mans is gek oor vroue met lewensvreugde. Dis vir hulle uiters sexy. ‘n Vrou kan gerus op die tafels dans, sê die seksuoloog dr Elmari Mulder-Craig, president van The Southern African Sexual Health Asociation (SASHA), internasionaal opgeleide seksuoloog en verhoudingskenner.
Elmari bied seminare vir vroue aan om hulle te help om in die oomblik en minder in hul koppe en meer in hul lywe te leef. Sy meen dat vroue oor die algemeen nie geanker is nie en hul hartstog vir die lewe verloor het.
Hier is die gesondheidsvoordele van seks.
Gesondheidsvoordele van seks
- Dit kan jou selfbeeld ‘n hupstoot gee.
- Dit laat jou goed voel oor jouself.
- Dit lei tot diep emosionele en fisieke intimiteit met jou maat.
- Dit lei tot gevoelens van nabyheid, begrip en verbondenheid.
- Seks is ‘n skoonheidsbehandeling. Wanneer ‘n vrou seks het, word die hormoon estrogeen vrygestel wat haar hare laat blink en haar vel laat gloei.
- Stadige, ontspanne liefdesspel verlaag jou kanse om dermatitis of veluitslag te kry. Die sweet wat geproduseer word, laat jou vel gloei.
- Seks is ‘n onmiddellike kuur vir ligte depressie. Dit stel endorfiene in die bloedstroom vry wat jou goed laat voel.
- Hoe meer seks jy het, hoe meer sal jy wil hê. Die seksueel aktiewe liggaam stel groter hoeveelhede feromone vry wat die teenoorgestelde geslag aantrek.
- Seks verbrand baie kilojoules.
- Seks is een van die veiligste sportsoorte wat daar is. Dit strek en verferm byna elke spier in jou liggaam – en dit is meer pret as om 20 lengtes te swem of te gaan draf.
- Seks is die beste ontspanningsmiddel wat daar is. Dit is tien keer doeltreffender as Valium.
- Seks is die beste slaappil wat daar is.
- Soen elke dag laat die tandarts wag! Soen vermeerder speeksel wat tandbederf voorkom.
- Seks verlig hoofpyn. Dit verlig spanning wat bloedvate in die brein vernou en tot hoofpyn aanleiding kan gee.
- Gereelde seks kan ‘n toe neus en selfs asma en hooikoors verlig. Dis ‘n natuurlike antihistamien.