Die versekeringsmaatskappy 1st For Women het onlangs ’n meningspeiling gedoen oor hoeveel tyd vroue het.
Dié peiling het ’n paar skokbevindinge opgelewer:
– ma’s is onder baie druk, neem min tyd vir hulself en wens dat hulle meer tyd vir ander gehad het
– 28% van vroue in die meningspeiling werk gewone werksure, 21% gewone werksure met oortyd, maar 5% meer as 50 ure per week!
– 30% bring 10-20 ure per week saam met hul kinders deur, 24% minder as 10 ure en 1% het geen tyd vir hul kinders nie
– 13% het geen tyd vir hul maat nie en meer as 50% bring minder as 10 ure per week saam met hul maat deur
– dinge waarvoor vroue die minste tyd het, is gesondheid en fiksheid (52%), ontspanningsaktiwiteite (38%) en vriende en familie (16%)
– 43% bestee tussen 3 en 6 ure per week aan huishoudelike take
– vroue het nie baie “ektyd” nie en, hoewel 26% van vroue graag by ’n spa gepamperlang sou wou word, neem 23% geen “ektyd” nie