’n Vreemdeling daag die dorpie Korludağ op om wraak vir sy pa se moord te neem – dan raak hy op die man se dogter verlief …
Dapper Alemdaroglu (Kivanç Tatlitug) keer na Korludağ, ’n klein dorpie buite Istanboel, terug met een doel voor oë: om wraak op Tahsin Korludağ (Tamer Levent) te neem. Maar waarop hy nie reken nie, is dat hy op Sühan Korludağ (Tuba Büyüküstün) verlief raak. Sühan is immers die dogter van die man wat Dapper glo sy pa vermoor het en is vurig lojaal teenoor haar familie!
Hoewel Sühan Dapper eers nie vertrou nie, vind hulle van die Korludağ-familie se leuens en misdade uit en word Sühan tussen lojaliteit aan haar pa en die man wat sy liefhet verdeel.
Dapper besef ook dat Tahsin baie vyande het, veral wanneer Riza Chirpiji (Yiğit Özşener) uit die tronk vrygelaat word ná ’n vonnis van 30 jaar wat hy vir moord opgelê is. Vinnig ontstaan daar ’n kat-en-muis-speletjie … en wie weet waar dit gaan eindig?
Moenie Die vreemdeling misloop nie! Elke weeksdag om 17:30 slegs op e.tv. Begin vandag!