Is jy onnodig behep met die grootte van jou neus of die vorm van jou heupe? Dan is dit moontlik dat jy ‘n slagoffer van liggaamsdismorfiese versteuring is.
Lees gerus dié week meer in Vrouekeur oor wat die probleem behels. Voltooi die volgende vraelys om uit te vind of jy ‘n slagoffer van liggaamsdismorfiese versteuring is:
- Bekommer jy jou oormatig oor jou voorkoms?
- Kyk jy dikwels in ‘n spieël om te sien of jy aanvaarbaar lyk?
- Vermy jy spieëls of ander reflekterende voorwerpe?
- Bestee jy oormatig tyd aan jou voorkoms om ‘n sekere defek te verbeter?
- Probeer jy jou defek met grimering of klere bedek?
- Probeer jy dikwels om die defek met jou hande of liggaamsposisie te verberg?
- Soek jy gedurig versekering by ander dat jy goed lyk?
- Oefen jy oormatig om sodoende die sogenaamde defek te probeer oorkom?
- Vermy jy dit om foto’s van jouself te laat neem?
- Het jy al plastiese chirurgie ondergaan om van die defek ontslae te raak?
- Was jy ontevrede met die resultate van bogenoemde?
- Wil jy plastiese chirurgie ondergaan om van die defek ontslae te raak?
- Veroorsaak die sogenaamde defek angs en depressie by jou?
- Is jy oorbewus van die sogenaamde defek en glo jy dat mense agter jou rug daaroor praat?
As jou antwoorde op bogenoemde vrae meesal “ja” is, het jy moontlik ‘n probleem met liggaamsdismorfiese versteuring. Jy kan dit gerus oorweeg om professionele hulp te kry.
Bron: www.ocdla.com