Jy is al lankal ‘groot’, maar tog verlam die dood van jou ouers jou. Hoe hanteer ’n mens dit? vra Anne Marais in ons 7 November-uitgawe. Hier is raad hoe om die komende Kerstyd te hanteer.
Anne Marais
Deon Binneman, sielkundige berader, gee die volgende raad:
• Moet jou nie isoleer nie, al voel jy so.
• Moet ook nie dink jou verlies is ook ander se verlies nie.
• Wees tussen mense met jou eie gedagtes, moenie noodwendig vir almal vertel hoe jy voel nie.
• Moenie jou daarvan weerhou om iets te geniet nie. Jy mag maar, jy leef.