Tumbles die hondjie is met net twee bene gebore, maar dit keer hom nie om soos ‘n vierbeenhondjie te baljaar nie. En binnekort sal hy ‘n rolstoel hê wat hom sal help loop.
Toe ‘n barmhartige paartjie vir Tumbles, die tweebeen-babahondjie, op die internet gewaar, kon hulle nie anders as om hom te wil help nie. Hulle ontwerp toe vir Tumbles, met hulp van die Universiteit van Ohio se Innovasie-sentrum, ‘n spesiale rolstoel wat binne net 14 uur met ‘n 3D-drukker geproduseer is.
In die video hieronder is dit duidelik dat Tumbles meer daarin geïnteresseerd is om aan die rolstoel te kou as om daarmee rond te loop, maar sy oppassers by die Friends of the Shelter Dogs (FOSD) in Atlanta, VSA, meen hy sal binnekort aan dié nuwe loopding gewoond raak.
(function(d, s, id) { var js, fjs = d.getElementsByTagName(s)[0]; if (d.getElementById(id)) return; js = d.createElement(s); js.id = id; js.src = “//connect.facebook.net/en_GB/sdk.js#xfbml=1&version=v2.3”; fjs.parentNode.insertBefore(js, fjs);}(document, ‘script’, ‘facebook-jssdk’));
November 10, 2015. Tumbles at his first wheelchair fitting! I think it’s so cute and funny when Little Silly tips forward on his cute little nose! 😀 Karen Pilcher, Angela Marx, Michele Summers Friends of the Shelter Dogs The Ohio University Innovation Center made his wheelchair using a 3D printer! It took about 14 HOURS print!***NOT AVAILABLE FOR ADOPTION AT THIS TIME.***
Posted by Crystal Richmond on Thursday, 12 November 2015