Die eerste lokprent vir Bohemian Rhamsody: The Movie is vrygestel en ons kan nie wag tot ons dit kan gaan kyk nie!
Bohemian Rhapsody, die lang verwagte rolprent van Freddie Mercury (gespeel deur Rami Malek), word een van die dae bekendgestel en die eerste lokprent is vrygestel.
Die rolprent is geskryf deur Anthony McCarten en fokus op die 15-jarige tydperk vanaf die vorming van Queen tot en met hul vertoning by Live Aid in 1985, ses jaar voor die dood van Mercury.
Die ander lede van Queen word uitgebeeld deur Ben Hardy (tromspeler Roger Taylor), Gwilym Lee (kitaarspeler Brian May) en Joseph Mazzello (baskitaarspeler John Deacon). Allen Leech, Lucy Boynton, Aidan Gillen, en Mike Myers verskyn ook in ondersteunende rolle.
Die prent word 14 Desember 2018 in Suid-Afrika uitgereik.
Loer hier na die lokprent: