As jy nie wil vet word nie, moenie vet eet nie! Reg? Verkeerd.
Om ‘n gesonde gewig te handhaaf, is nie so eenvoudig as om vette uit jou dieet te sny nie; inteendeel, ‘n dieet sonder vette kan tot allerhande gesondheidsprobleme lei.
Vette moet tot 30% van jou daaglikse kalorie-inname uitmaak, sê die kenners by EnjoyMargarineEveryday.com (klik hier om die webwerf te besoek). Maar moenie te bly raak nie – vet is ‘n hoogs gekonsentreerde vorm van energie. Dit beteken dat jy net ‘n klein hoeveelheid daarvan nodig het om aan jou daaglikse kwota vet-inname te voldoen.
Mense raak al hoe meer bewus van die belangrike rol wat ‘n gebalanseerde dieet in die handhawing van ‘n gesonde lewenstyl speel. Selfs vette speel ‘n rol in die gesonde funksionering van jou ligaamsprosesse. ‘n Mens moet net weet watter kos die ‘goeie vette’ en watter kos die ‘slegte vette’ bevat. En dan moet jy ook weet hoeveel jy van elk mag eet.
Hier’s ‘n nuttige tabel:
Bron: www.EnjoyMargarineEveryday.com
Wenk Vermy versadigde vette en neem eerder onversadigde vette in deur botter met margarien of ander gesonde olies te vervang.
Poli-onversadigde vette (omega-3- en omega-6-vetsure)
• Jou liggaam kan dit nie self vervaardig nie, so dit moet deel van jou dieet uitmaak.
• Omega-3 verbeter breinfunksie en versterk jou immuunstelsel.
• Omega-6 help om jou bloedcholesterolvlak te verlaag.
Kos wat onversadigde vetsure bevat: olieryke vis (salm, makriel, haring), okkerneute, sojabone, sonneblomolie en produkte wat hiervan gemaak word, soos margarien.
Versadigde vette (trans-vetsure)
• minder as 1% van jou daaglikse energie-inname (die kos wat jy eet) moet hieruit bestaan.
• trans-vetsure dra tot die ontwikkeling van hartsiektes by.
• dit verhoog jou LDL- (slegte) cholesterolvlakke.
Kos wat versadigde vetsure bevat: vleis, melk en melkprodukte soos room, botter en sommige plantkosse soos kokosneut en palmolie
Margarienmites
Mite #1 Margarien is oorspronklik ontwikkel om kalkoene vet te maak, maar dit het hulle eerder doodgemaak
Onwaar! Margarien is oorspronklik in 1869 as ‘n goedkoper alternatief tot botter ontwikkel.
Onwaar! Hierdie bevinding is in ‘n Amerikaanse studie van 1980 gemaak in ‘n tyd toe Amerikaanse margarien nog tot 29% trans-vetsure bevat het. Deesdae is daar geen trans-vette in margarien soos Flora nie.
Die internet is vol belaglike dinge – soos dié brokkie inligting. Hoewel margarien en plastiek van groente-olie gemaak kan word, is dit nie dieselfde nie. Twee goed wat wel ‘n enkele molekule van mekaar verskil, is bleikmiddel en water – dit wys jou watter onsin hierdie bewering is.
Mite #4 Nie eers miere sal margarien wat buite gelos word, eet nie
Miere hou baie van diervette omdat dit die ideale mierbroeiplek is – daarom sal jy hulle vinnig lok as jy botter buite los. Margarien word egter van plantolies gemaak wat geen nut vir miere het nie en hulle dus nie sal lok nie.
- Besoek www.EnjoyMargarineEveryday.com vir meer inligting