Suid-Afrika se lente- en somerreëns het die vermoë om, binne net ‘n paar minute, groot hoeveelhede water op ons paaie uit te giet – iets wat katastrofiese gevolge kan hê…
Virseker
Suid-Afrika se lente- en somerreëns het die vermoë om, binne net ‘n paar minute, groot hoeveelhede water op ons paaie uit te giet – iets wat katastrofiese gevolge kan hê vir enige motoris wat nie ten volle voorbereid is op gladde padoppervlaktes en die effekte van bande wat oor die plas skaats (in Engels “aquaplane”) nie – iets wat jaarliks duisende ongelukke wêreldwyd veroorsaak.
Volgens Dawid Botha, woordvoerder van Virseker: “Voertuie skaats oor die plas wanneer hulle bande van die padoppervlak opgelig word as dié met ‘n plas water in aanraking kom. Die bande loop dan effektief op ‘n waterkussing in plaas van op die pad self – iets wat die bande se vasbytvermoë, en gevolglik die bestuurder se vermoë om die voertuig te beheer, erg belemmer.”
Bande wat oor plasse skaats word hoofsaaklik deur drie dinge veroorsaak: spoed, wat in effek die hoeveelheid water wat jou voertuig se bande moet verplaas binne ‘n sekere tyd verhoog; bande met onvoldoende loopvlak, wat die vermoë van die band om water te verplaas beperk en water diepte, waar die hoeveelheid water op die padoppervlak eenvoudig te veel is vir ‘n band, selfs een met ‘n goeie loopvlak, om betyds te verplaas.
Dit word verder vererger deur gekompakteerde olie en stof wat na die padoppervlak styg in renerige weer en hoogs glibberige en gevaarlike toestande tot gevolg het.
Virseker bied die volgende wenke om te vermy dat jy “’n plas koop”:
- Moenie impulsief hard rem trap of aan die stuurwiel pluk nie, omdat dit kan veroorsaak dat jou voertuig gly.
- Los die versneller egalig om die voertuig se spoed te verminder.
- Draai die stuurwiel liggies in die rigting waarin jy wil stuur.
- Wanneer jy voel dat die bande hul greep op die pad terugkry, kan jy die rem liggies trap om verder spoed te verminder.
“Soos altyd is voorkoming beter as genesing”, sluit Botha af, “so dit is beter om seker te maak dat jou voertuig se bande genoegsame loopvlak het, dat die rem- en stabiliteitstelsels effektief funksioneer, dat jy jou spoed verminder in renerige omstandighede en die pad fyn dophou vir glibberige kolle en plasse te koop.”