Hier is goeie hersieningsmetodes en studiepatrone wat jou sal help om jou eksamenstres te verlig.
Studiepatrone
- Neem gereelde studiebreuke
- Wanneer jy agterkom dat jou aandag afgelei word, staan op en neem ‘n blaaskans.
Vyftien minute waarin jy konsentreer is beter as drie uur van in die ruimte in staar en skuldig of angstig voel.
Tegnieke om stres te beheer
- Sommige individue gebruik alkohol, rook en dwelms as middels om stres te beheer. Dit kan op die kort termyn ‘n kalmerende effek hê, maar is nie ideale oplossing nie, aangesien dit tot ‘n erger gevoel daarna kan lei en dus die vermoë om helder te dink, kan benadeel.
- Eet minstens een behoorlike maaltyd per dag en hou die liggaam gehidreerd.
- Oefening verhoog die bloedvloei in die liggaam wat helderder denke en gedagtes bevorder. Slegs ‘n kort stappie van 10 minute ‘n dag kan nuttig wees, veral om sommige van die ekstra adrenalien wat deur die eksamenstres veroorsaak word, op te gebruik. So ‘n stappie elke dag kan nuttig wees om van die ekstra adrenalien wat deur stres veroorsaak, op te gebruik.
Basiese hersieningsmetodes
- Stap 1: Lees jou notas en soek antwoorde op vrae. Wees so aktief as moontlik terwyl jy lees. Praat met jouself, loop in die kamer rond, neem jouself met ‘n bandopnemer op.
- Stap 2: Maak jou notas toe.
- Stap 3: Onthou nou aktief wat jy nou net gelees het, vra weer dieselfde vrae sonder om na jou notas te kyk. Skryf in kort notas neer wat jy onthou het.
- Stap 4: Vergelyk die oorspronklike notas met die nuwes. As jy al die antwoorde op die vrae onthou het, het jy ‘n “meesterkaart” geskep, wat jy kan gebruik om weer te hersien sonder om die breedvoerige aantekeninge te raadpleeg.
- Stap 5: As jy nie al die vrae beantwoord het nie, lees weer jou oorspronklike notas en kyk veral na dié wat jy gemis het. Herhaal stappe 2-4.
Op die dag van die eksamen
- Moenie probeer om ‘n nuwe onderwerpe aan te leer nie, aangesien jy dit wat jy voorheen geleer het, kan vergeet.
- Kyk na ‘n paar kort aantekeninge of hersieningskaarte.
- Moenie vir die laaste uur voor die eksamen studeer nie.
- Beplan jou aankoms by die eksamenlokaal sodat jy nie nodig het om buite saam met ander te wag nie, aangesien dit jou angsvlak kan verhoog.
- Gee jouself tyd om gemaklik te raak voordat jy die vrae lees en begin skryf.
- Gebruik ‘n asemhalingsoefening om jou asemhaling te reguleer en jouself te kalmeer.
- Hou ‘n plan in gedagte van hoe jy jou tyd in die eksamenlokaal gaan gebruik.
Meer inligting
Besoek www.sadag.org of www.liveyourlife.co.za