Geniet ’n glas ystee sonder om skuldig oor ekstra suiker te voel
Die reuk van ‘n vleisie op die kole, die klank van kinders wat in die tuin speel en die geur van vars blomme oral – dis somer en dis tyd vir ystee!
Probeer ons maklike resep vir bosbessie-en-granaat-gegeurde Freshpak Rooibostee.
Ons is mal daaroor dat dit al die gesondheidsvoordele van gewone rooibostee het. Dis boonop kafeïenvry so selfs die kinders kan dit geniet.
Hier’s ons resep vir heerlike ystee:
- Kook 500 ml water en giet dit in ’n beker
- Voeg 4 Freshpak Rooibos-bosbessie-en-granaat-teesakkies by die water
- Laat dit vir 30 min trek
- Geur dit met heuning indien jy wil
- Voeg ys en vrugte van jou keuse by
- Garneer met ’n paar mentblare
Wees op die uitkyk na die nuwe waatlemoen-en-ment-geur Freshpak Rooibos.