Baie plekke in ons nasionale parke maak voorsiening vir groot groepe, dikwels sonder dat ander mense julle hinder. Kies dus jou plek, hark jou pelle bymekaar en kry koers!
René de Klerk, SANParks Times
OPSIGTERSHUT – Tafelberg- Nasionale Park
Het jy al ooit daarvan gedroom om bo-op Tafelberg te slaap? Jy kan dit doen en die hele skiereiland sit en gadeslaan. Die hut is deel van die Hoerikwaggo-roete, maar jy kan ook oorslaap sonder om die roete klaar te stap. Julle sal twee ure lank moet klim om daar te kom, maar SANParke kan jou bagasie vir jou karwei. Die hut is volledig toegerus, maar daar is geen elektrisiteit nie.
Kapasiteit: Tot 16 mense.
Prys: R2 630 vir ses mense. Bykomende volwassenes betaal R420, kinders R210.
Besprekings: [email protected] of +27-21-712-7471
TSHUGULU LODGE – Mapungubwe- Nasionale Park
Hierdie luukse lodge in die hartjie van die westelike deel van die park laat jou voel jy dis jou eie eiendom. Jy kry private voordele soos jou eie swembad en ´n ekoroete om jou viertrekvemoëns te toets. Die lodge is sowat 23 km van ontvangs af en is met ´n sedan bereikbaar.
Kapasiteit: Tot 12 mense in ses kamers.
Prys: R2 940 vir vier mense.Bykomende volwassenes betaal R580 en kinders R290
BERGHUISIE – Bergkwagga- Nasionale Park
Aanskou die park vanuit ´n asemrowende bergligging in die afgeleë Umthombo- of Bakana-kothuise. Elke huisie is afgesonder, ten volle toegerus en met sonkrag vir ligte en yskas toegerus en het gas-geisers. Dis net met ´n voertuig met baie grondhoogte bereikbaar.
Kapasiteit: Tot 10 mense in drie kamers, een met ´n dubbelbed, een met twee enkelbeddens (beddegoed verskaf) en ´n slaapkamer met ses slaapbanke (sonder beddegoed).
Prys: R765 vir twee mense.Bykomende volwassenes betaal R160 en kinders R80.
KRUGER NASIONALE PARK
Twee ruskampe in die park bied akkommodasie vir groot groepe, albei in besige ruskampe.
Wild Fig Gastehuis – Skukuza Ruskamp
Die grootste ruskamp in die park op die oewers van die Sabierivier is die perfekte plek van waar af jy die suide van die wildtuin kan verken en wildritte, begeleide toere en selfs ´n potjie gholf kan inpas.
Vermoë: Tot 12 mense in ses kamers.
Prys: R3 255 vir vier mense.Bykomende volwassenes kos R600 en kinders R300.
R. Frankel Gastehuis – Satara Ruskamp
Beleef die outydse bekoring van Satara en verlustig jou in die verskeidenheid voëls wat die kamp aanlok. Daar is heelwat aktiwiteite waaraan jy kan deelneem.
Kapasiteit: Tot 10 mense in vyf en suite-slaapkamers, elk met twee enkelbeddens.
Prys: R3 575 vir vier mense. Bykomende volwassenes betaal R600 en kinders R300.
HOU DIT IN GEDAGTE
Pryse geld tot 31 Oktober 2015 en sluit die bewaringsgeld en ´n gemeenskapsheffing uit. Gelde kan wissel tussen hoë en lae seisoen. Skakel die park vir bevestiging.
Skakel Sentrale Besprekings, tensy anders vermeld, op +27-12-428-9111 of bespreek aanlyn by www.sanparks.org
Baie eenhede met sonkrag kan nie selfone laat laai of ander toerusting laat gebruik nie. Vind vooraf uit.
Meer inligting
Besoek www.sannparks.org of www.sanparkstimes.co.za
Bron SANParks Times