‘Vaselinetjie’ is ’n storie oor die definiëring van die betekenis en oorsprong van ’n mens se identiteit en ras in die warboel van post-Apartheid in Suid-Afrika.
‘Vaselinetjie’ vertel die verhaal van Helena ‘Vaselinetjie’ Bosman, ‘n wit dogtertjie wat deur haar liefdevolle bruin grootouers op ‘n afgeleë dorpie in die Noord-Kaap in Suid-Afrika grootgemaak word. Wanneer die welsyn egter uitvind dat Vaselintjie nie die egpaar se biologiese kleinkind is nie, gryp hulle in en besluit om Vaselintjie na ‘n staatsweeshuis in Johannesburg te stuur.
Die lewe in Johannesburg verskil hemelsbreed van haar vorige bestaan en is in skerp kontras daarmee. Vir die eerste keer word Vaselinetjie gekonfronteer met die lewe se wrede werklikhede, asook kinders wat deur hulle ouers verwerp is, rook, om vriende te maak en in te pas. In ‘n wêreld waar niemand vir mekaar omgee nie, leer sy ook om nie om te gee nie.
Dit is eers wanneer sy verlief raak op die rebelse weeshuisseun, Texan Kirby, dat sy gedwing word om die ware werklikheid van haar ingewikkelde verlede te konfronteer.
‘Vaselinetjie’, word op 22 September 2017 vrygestel.
Kyk hier na die amptelike lokprent: