As daar een aand is wat jy die maan moet dophou, is dit vanaand.
Vanaand is die aand wat die maan die naaste aan die aarde gaan wees in amper 70 jaar. Die laaste keer wat die maan so naby aan die aarde was, was in Januarie 1948.
Gedurende dié gebeurtenis, wat vanaand (14 November 2016) gaan plaasvind, sal die maan 14% groter en 30% helderder wees as die gewone volmaan. Dit is die naaste wat die maan aan die aarde sal wees tot 25 November 2034, so jy wil dié supermaan nie misloop nie.
Om meer te lees oor vanaand se gebeurtenis, klik hier.