’n Tragiese ongeluk het hierdie vrou gestremd gelaat, maar Monique Maritz sê dis die beste én slegste ding wat met haar kon gebeur het, skryf Maryke Roberts in ons 3 Julie-uitgawe.
Maryke Roberts
In September 2006 het ’n man in ’n BMW oor ’n rooi verkeerslig gejaag en Monique Maritz van haar motorfiets afgery. Sy is ernstig beseer en het maande lank pynlike operasies ondergaan, voor sy huis toe is – sonder haar linkervoet.
Hier beantwoord Monique Maritz vyf vrae:
1. Wat wou jy word toe jy ’n klein dogtertjie was?
Met my 10de verjaardag het ek ’n dokterstassie en -jassie present gekry. Dus was my kleindogtertjiedrome om almal gesond te maak.
2. Wat lê op jou koffietafel en op jou bedkassie?
Boeke: The Secret deur Rhonda Byrne, en Akiane, her Life, her Art, her Poetry deur Akiane Kramarik; ’n groot Angel Wings Ceramic-bak vol blinkgevryfde bloedrooi appels. Langs my bed lê my Bybel en Nick Vuijic se boek Unstoppable wat ek tans lees.
3. Hoe ontspan jy?
Ek lees graag en hou daarvan om interessante etes te kook en met vriende te kuier. Ek is ook mal daaroor om op die see te roei.
4. Wat is die mooiste woorde wat jy nog gehoor het?
“Mamma, ek is lief vir jou.”
5. Wat maak jou kwaad?
Onsensitiewe mense wat op die parkeerplekke vir gestremde mense parkeer sonder om ’n oog te knip en dan boonop aggressief word as hulle tereggewys word!
SOURCES
Taryn Rahl