Die bekende fees van digkuns en kreatiewe denkers – bekend as die Tuin van Digters – is verlede naweek by die Breytenbach Sentrum op Wellington gehou. Daar was voorlesings, kunsuitstallings, musiek en selfs blombalonne met pragtige stukkies uit gedigte op deur Strijdom van Merwe.
Die fees is die jongste toevoeging tot die kultuursentrum en was die inisiatief van een van die trusteeraadslede, Johan Conradie.
Jy kon met bekendes soos Waldi Schultz en Ira Blanckenberg, Joan Hambidge, Johan de Lange, Leslie Javan, Jana Cilliers, Jitsvinger en vele meer skouer skuur oor ‘n glas wyn of iets te ete. Die tuin se vele bankies wat tussen die blomme en plante versteek is, het welkome ruskans tussen die vertonings gebied.
Die ATKV se suksesvolle digkuns-animasieprojek, Filmverse, is voortgesit met Filmverse 2, ‘n visuele bloemlesing van 12 gedigte. Die projek was veeltalig en sluit Afrikaans, Engels, Zoeloe en Sesotho in.
Nanette Ranger se beeld, wat geskep is met Breyten Breytenbach se gedig 16 September 2010 as inspirasie, is ook in die tuin onthul.
Tussen vertonings deur kon feesgangers ook in die boekwinkel met sy duisende boeke gaan kuier.
Laurinda Hofmeyr, Lize Beekman en Jana Cilliers, wat in In die omtes van die hartopgetree het.
Babette Viljoen en Olga Leonard wat van die gedigte getoonset het vir Sixty Love – op reis met Joan Hambidge.
Nanette Ranger se beeld, wat geskep is met Breyten Breytenbach se gedig 16 September 2010 as inspirasie, is ook in die tuin onthul.
Leslie Javan se vertoning, Met jou aan my sy was lekker plattelandse hartsmusiek. Hier is hy saam met Laurie Levine, wat diepgewortelde folk-musiek vermeng met uiteenlopende invloede.
Laurie Levine, wat diepgewortelde folk-musiek vermeng met uiteenlopende invloede en net haar stem en kitaar inspan.