‘n Nuwe studie dui aan dat dit beter is om iets te teken as te skryf om beter te onthou
Zerelda Esterhuizen
Is daar sekere dinge wat jy net nie kan onthou nie? Wel, moenie alleen voel nie. Dit is een van die grootste frustrasies as jy vergeet wat jy moes koop, iemand se naam vergeet of vergeet dat jou kind die middag by die eisteddfod moes wees …
Maar volgens wetenskaplikes kan tekeninge jou help om beter te onthou. Jeffrey Wammes en ‘n span navorsers aan die Universiteit van Waterloo in Kanada het verskillende maniere ondersoek om geheue te versterk. Hulle het gevind dat tekeninge mense kan help – selfs al kan jy skaars ‘n rugbybal teken.
Hulle het byvoorbeeld ‘n lys van 40 maklike woorde (soos appel) vir ‘n groep studente gegee. Die helfte van die student moes ‘n prentjie langs die woord teken en die ander helfte moes die woord oorskryf. Hulle is 40 sekondes per woord toegestaan. Hulle het daarna ‘n ander musieknotasietoets gedoen en toe is hulle (sonder voorafwaarskuwing) gevra om die lys se 40 woorde te onthou. Diegene wat geteken het, het dubbeld soveel woorde onthou as die ander wat dit net oorgeskryf het. Verdere toetse het bevestig dat tekeninge mense help om beter te onthou.
Hoekom is dit so?
Wammes sê in die dokument “The Drawing Effect: Evidence for Reliable and Robust Memory Benefits in Free Recall” as ons iets wat ons gelees het, teken, moet ons die taal na ‘n beeld “vertaal” en daarom gaan ons na voorbeelde moet soek wat ons uit eie ervaring kry. Ons gebruik motoriese vaardighede daarvoor. Dit versterk die geheue.
Dalk moet ons van nou af ons inkopielysies nie skryf nie, maar eerder goed daarop teken. As jy dan jou lys vergeet, gaan jy dalk net jou melkbotteltekening onthou.
BRON: www.telegraph.co.uk