Dis die tyd van die jaar wat ons aan familiebande herinner word, maar daar is mense wat nie graag met hul familie om een tafel sit nie, skryf Anne Marais
Is jy in ‘n toksiese familieverhouding?
Lees gerus in dié week se Vrouekeur meer oor toksiese familieverhoudinge, wat die simptome is, hoe om dit te hanteer en watter oplossings vir die probleem bestaan. Voltooi die onderstaande vraelys om vas te stel of jy in ‘n toksiese familieverhouding is:
1) Dreig die persoon jou fisiek om iets te doen wat jy nie wil doen nie?
2) Gebruik die persoon verbale geweld om jou te dwing om iets te doen of nie te doen nie?
3) Is jy bang vir die persoon?
4) Is jy bang om van die persoon te verskil?
5) Word jou gevoelens misken?
6) Neem die persoon namens jou besluite?
7) Neem die persoon alleen besluite oor geld sonder om jou wense in ag te neem?
8) Onttrek die persoon van jou as hy of sy kwaad is?
9) Voel jy meer soos ‘n kind as ? volwassene in die verhouding?
10) Blameer die persoon jou as hy of sy iets verkeerd doen?
11) Voel jy onveilig en ongeliefd in die verhouding?
12) Toon die persoon ‘n gebrek aan belangstelling in jou en jou gevoelens?
13) Sukkel jy om eerlik te wees in die verhouding?
14) Is die persoon traag om hul foute te erken en verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar?
15) Manipuleer die persoon jou?
As jou antwoorde op bogenoemde vrae meestal “ja” is, is jy moontlik in ‘n toksiese familieverhouding. Kry hulp by ‘n sielkundige of berader!