Ons kyk ’n bietjie hoe die lewe op die Titanic was en gee jou die kans om dit self by Titanic: The Artefact Exhibition te ervaar
- Dié passasierskip het met ’n gim, swembad, Turkse bad, hondehotel vir eersteklaspassasiers se honde, ’n muurbalbaan en sy eie aanboord-koerant gespog. Die interieur is deur die Ritz Hotel in Londen geïnspireer.
- Aan drank- en rookgoed vir eersteklaspassasiers was daar nie ’n tekort nie met 20 000 bierbottels, 1 500 bottels wyn en 8 000 sigare.
- Dit het 20 perde gekos om die skip se hoofanker te vervoer.
- Omtrent 100 000 mense het die skip se tewaterlating aanskou.
- Eersteklaspassasiers het ’n elfgangmaal genuttig voor die skip die ysberg getref het.
- Die laaste oorlewende van die ramp, Millvina Dean, is in 2009 in die ouderdom van 97 dood. Sy was slegs twee maande oud toe sy aan boord gegaan het.
- Daar was 26 paartjies aan boord wat op wittebrood was.
- Musiek is nog vir twee uur gespeel voor die skip gesink het.
- Die begroting vir die 1997-fliek Titanic was hoër as die begroting vir die konstruksie van die boot self.
- Die ysberg wat die skip gesink het, het sy reis ongeveer 1 000 VHJ begin.
(Bronne: www.factslides.com; www.telegraph.co.uk)
Wil jy ervaar hoe dit op die Titanic was?
People Magazine bring Titanic: The Artefact Exibition na Johannesburg en Kaapstad. Meer as 25 miljoen mense het al die afgelope 15 jaar die vertoning in groot museums regoor die wêreld gesien en nou is dit ons beurt!
Seun met kaartjie
Keramiekpot, porseleinware en ‘n eierkelkie
’n Eersteklaskajuit
Gedenkmuur
Skeepsmodel – Seebodem-gallery
Borde, teëls en opdienware hang aan ’n muur
#TitanicExpo fokus grootliks op die stories van die passasiers aan boord en bied replikas van die kajuite sowel as werklike stukke wat aan boord die skip was.
Neem ’n chronologiese reis deur die lewe van die Titanic. Loer na die skip se konstruksie, hoe die lewe aan boord was, die rampspoedige sinking en die ongelooflike sendings om artefakte te kry om die wrak vir toekomstige generasies te bewaar.
Jy kan jou ervaring selfs verder neem deur vir jou iets van die oorspronklike spyskaart af te bestel om te eet en te drink en jy kan daar ook na die verhale luister van die paar Suid-Afrikaners wat aan boord die skip was.
Kinders sal die uitstalling ook geniet: Hulle kan na artefakte te soek met behulp van ’n spesiale skattejagkaart of in die Titanic-aktiwiteitsgedeelte baljaar.
Maak seker jy probeer ook Titanic-wyn, craft-bier of die Titanic-teepakket.
Die #TitanicExpo is tot 15 November 2015 by die Zone in Rosebank te sien en van 27 November tot 14 Februarie by die V&A Waterfront in Kaapstad.
Besoek www.titanicexpo.co.za. Koop ook kaartjies by www.webtickets.co.za