As jou tiener depressief is, is ingryping dalk nodig en is dit nodig om met ’n professionele persoon te praat.
Ansja Ferreira
Hier is ’n paar gevaarligte:
Jou kind …
• onttrek van vriende en gesinslede;
• ervaar probleme in romantiese verhoudings;
• sukkel om met ander oor die weg te kom;
• presteer skielik swak op skool;
• toon opstandige en rebelse gedrag;
• gee besittings weg;
• kom verveeld voor;
• skryf oor of teken prentjies oor die dood;
• loop van die huis af weg;
• se eet- en slaapgewoontes verander;
• toon dramatiese persoonlikheidsverandering;
• se voorkoms verander (nie voordelig);
• begin dwelms of alkohol gebruik;
• praat van selfdood, selfs op ’n grappende manier;
• het ’n geskiedenis van vorige selfdoodpogings.
Meer inligting
• Skakel Sadag vir hulp en inligting: 0800 567 567