Die uitsending van die eerste Suid-Afrikaanse episode van die gewilde internasionale talent-reeks, The Voice, is verlede week in Johannesburg by Sasani Studios gevier.
Maryke Roberts
Die reeks word Sondagaande om 17:30 eksklusief op M-Net 101 uitgesaai en duur 13 weke.
Die reeks word gereken as dié kompetisie wat Suid-Afrika se volgende groot ster gaan lewer. Die reeks het selfs sy eie terme soos “afrigters” in plaas van “beoordelaars” en “talent” in plaas van “deelnemers”. Die vier afrigters, Karen Zoid, Bobby van Jaarsveld, Lira en die voorsanger van The Parlotones, Kahn Morbee, almal self gevierde kunstenaars, het elke week die geleentheid om uit die talent wat deurgedring het na die finale keuringsproses lede vir hul span te kies.
Die eerste gedeelte van die reeks is “blinde” optredes – die afrigters kan net die sangers hoor; nie sien nie. In die tweede deel van die reeks, bekend as “Battle Rounds” kry die publiek die kans om deelnemers af te stem.
Die hoogtepunt van die reeks – behalwe die wenner wat ’n blink toekoms in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidswêreld sal hê – is dat al die deelnemers die kans kry om deur een van die vier afrigters verdere leiding in hul loopbane te kry.
Lungile Radu, aanbieder van The Voice South Africa
SOURCES
verskaf