Kyk hier na die tekens van disleksie by jou kind
- Omkerings van letters en syfers.
- Uitlating van letters in ’n woord.
- Stadige en huiwerige leesvermoë.
- Verloor plek in ’n sin tydens lees en skryf.
- Laat woorde en woord-gedeeltes uit.
- Onvermoë om woorde korrek uit te spreek.
- Lettervolgorde van ’n woord is foutief.
- Lees met swak begrip.
- Swak en/of stadige handskrif, wat dikwels onleesbaar is.
- Familiegeskiedenis van leesprobleme.
- Swak koördinasie en probleme met links-/regsdominansie.
- Onvermoë om verskille en ooreenkomste tussen woorde te identifiseer.
- Swak korttermyngeheue.