Taste the Helderberg is pas weer by die bekende NH The Lord Charles Hotel op Somerset-Wes, in die hartjie van die Helderberg wynsubroete gehou
Deur MARYKE ROBERTS
Foto’s Clifford Roberts
Dit word deur die Stellenbosch Wynroetes aangebied en ondersteun deur Wesgro. Wynplase en restaurante in die Helderberg-streek vertoon net vir een aand trots hul plaaslike kos en wyn.
“Taste the Helderberg het een van die hoogtepunte op die Wes-Kaapse wynkalender geword,” sê Stellenbosch Wynroetesbestuurder, Elmarie Rabe. “Die sosiale geleenthede wat die spesiaalste herinneringe maak, is selde só goed sonder goeie kos en wyn en Taste the Helderberg het dit alles.”
’n Hoogtepunt vir veral wynliefhebbers by Taste the Helderberg was die geleentheid om ’n vroeë proetjie van die streek se nuutste wyne te kry, sowel die proekans van die ikone wat hierdie Stellenbosch Wynroetes sub-streek in die visier van internasionale connoisseurs geplaas het.
Daar was ook opskietrestaurante deur die Helderberg se bekendste kosplekke en die geleentheid om meer oor wynmaak, die wynmakers en wingerdboukundiges self te leer.