Die 14de jaarlikse Novare SA Terroir Wyntoekennings is onlangs by Anura Wynlandgoed buite die Paarl gehou
Deur Maryke Roberts
Foto’s Clifford Roberts en verskaf
Die ster in dié toonaangewende kompetisie was Bon Courage Landgoed in Robertson, met drie nasionale wenners, Colombard, Cap Classique (MCC) en Rosé vir hul Bon Courage André’s Fame Colombard 2019, Bon Courage Jacques Bruére Blanc de Blanc Cap Classique 2011 en Bon Courage Lady of the House Pinotage Rosé 2019.
Bon Courage het bo ’n rekordgetal van 328 inskrywings uitgetroon. Die Kaapse wynland se vele puik wynterreine word by dié spoggeleentheid ten toon gestel en slegs wyne gesertifiseer as enkelwingerd-wyn, landgoed-geproduseerde wyn, wyn uit ’n wyk of ’n distrik wat nie in meer as een wyk verdeel is nie, mag deelneem.
Die uitgesoekte paneel van beoordelaars was Jeff Grier (voorsitter), David Biggs, Narina Cloete, Sandile Mkhwanazi en Anton Swarts. Die seremoniemeester was die komediant Nik Rabinowitz.
Verskeie ander wyne van Bon Courage – in die Goedemoed-wyk in Robertson – het ook uitnemende punte behaal en dié landgoed is met die Novare Trofee vir die Top Wynlandgoed en die Novare Trofee vir die Top Terroir Produsent bekroon. Hul drie nasionale wenners en twee ander nasionale wenners wat deur kelders in die aangrensende Klaasvoogds wyk ingeskryf was – die Kranskop Tannat 2017 en Rietvallei JMB Cabernet Franc 2014 – het aan hierdie twee wynterreine in die Robertson Distrik, die Novare Trofee vir SA Terroir Top Wyngebied besorg.
Vanjaar is die heel eerste Novare Trofee vir SA Terroir Top Wyn toegeken en die wenner kom uit die Nuy-wyk buite Worcester. Nuy Wynkelder het twee nasionale wenners ingeskryf, die Nuy Mastery Cabernet Sauvignon 2016 en Nuy Wit Muskadel 2006. Dieselfde Cabernet Sauvignon van Nuy Wynkelder is as top wyn uit alle inskrywings aangewys en het sodoende hierdie nuwe trofee losgeslaan.
Doolhof Landgoed in Wellington het vanjaar twee nasionale wenwyne ingeskryf, vir Chenin Blanc en Merlot, naamlik die Doolhof Riviersteen Chenin Blanc 2017 en Doolhof Signature Single Vineyard Merlot 2017. Boonop het die Riviersteen Chenin Blanc 2017 die Novare Trofee vir SA Terroir Top Enkelwingerdwyn ontvang.
Nog twee kelders het twee nasionale wenwyne ingeskryf, Ormonde in Darling en Neethlingshof Landgoed in Stellenbosch. Ormonde se twee nasionale wenners is die Ondine Grenache 2016 en die Ormonde Single Vineyard Chip of the Old Block Shiraz 2015. Neethlingshof se twee nasionale wenners is die Neethlingshof Gewürztraminer 2019 en Neethlingshof The Short Story Collection The Maria Weisser Riesling Edel Laatoes 2017.
Die ander Nasionale Wenners is Anura Petit Verdot Reserve 2013, Baleia Sauvignon Blanc 2019, Bartinney Chardonnay 2017, Boplaas Cape Vintage 2013, Bushmanspad Estate Malbec 2017, Creation The Art of Pinot Noir 2017, De Krans Touriga Nacional 2017, Flagstone Treaty Tree Reserve Sauvignon Blanc/Sémillon 2017 (wit versnit), Ghost Corner Sémillon 2017, Kaapzicht Skuinsberg Cinsaut 2018, Lourensford Limited Release Viognier 2018, Mischa Estate Roussanne 2018, Nitida Riesling 2018, Slanghoek Vinay Natural Sweet Vin Rosé n/v, The Glen Carlou Collection Red Blend 2017 en Wildekrans Pinotage Barrel Select Reserve 2016.
Die Novare groep is die alleenborg van die gesiene Novare SA Terroir Wyntoekennings sedert 2006. Volgens Derrick Roper, uitvoerende hoof en medestigter van Novare, is die maatskappy trots om met die Novare SA Terrroir Wyntoekennings geassosieer te word as een van die mees unieke wynkompetisies ter wêreld.
“Terroir, van die Franse term vir terre, wat ‘land’ beteken, ’n modewoord in wyngeselskap, word moontlik dikwels gebruik sonder volle begrip van die konsep. Terroir is die samekoms van die elemente soos grond en ligging wat radikaal verskillende smake en karakters van wyne van dieselfde gebied of streek voortbring. Suid-Afrika kan trots wees op die topgehalte wyne wat hy lewer,” het Roper gesê.
Die voorsitter van die SA Nasionale Wynskou Assosiasie (SANWS), Christo Pienaar, het gesê: “Ons is baie opgewonde oor hierdie eerste jaar waarin ons die Novare SA Terroir Wyntoekennings gereël het en is verheug dat die inskrywings met 25% teenoor verlede jaar gegroei het. Saam met Novare kon ons ook die eerste buitelandse treë saam met SA Terroir gee om ʼn baie suksesvolle wynproe van nasionale wenwyne in Junie op Mauritius aan te bied. Die beplanning om die proe weer volgende jaar aan te bied vorder reeds fluks. Hierdeur skep die Terroir-kompetisie gulde geleenthede vir die bemarking van ons gesogte Suid-Afrikaanse wyne op die nabygeleë eilande.”
Die kompetisie het vanjaar 328 inskrywings van 73 produsente gekry, teenoor die 261 van 49 produsente van verlede jaar. Benewens die Nasionale Wenners en die Novare-trofeë, word die beste wyne in die verskillende gebiede ook aangewys. Die volledige uitslae is beskikbaar op die webwerf www.terroirwineawards.co.za.
Novare SA Terroir Wyntoekennings Trofeewenners 2019:
Novare Trofee vir SA Terroir Top Wynlandgoed: Bon Courage
Novare Trofee vir SA Terroir Top Produsent: Bon Courage
Novare Trofee vir SA Terroir Top Enkelwingerdwyn: Doolhof Riviersteen Chenin Blanc 2017
Novare Trofee vir SA Terroir Top Area: Robertson: Klaasvoogds/Goedemoed
Novare Trofee for SA Terroir Top Wyn: Nuy Mastery Cabernet Sauvignon 2016
Novare SA Terroir Wyntoekennings 2019 se nasionale wenners is as volg:
Petit Verdot: Anura Petit Verdot Reserve 2013
Sauvignon Blanc: Baleia Sauvignon Blanc 2019
Chardonnay: Bartinney Chardonnay 2017
Colombard: Bon Courage André’s Fame Colombard 2019
MCC: Bon Courage Jacques Bruére Blanc de Blanc Cap Classique 2011
Rosé: Bon Courage Lady of the House Pinotage Rosé 2019
Port: Boplaas Cape Vintage 2013
Malbec: Bushmanspad Estate Malbec 2017
Pinot Noir: Creation The Art of Pinot Noir 2017
Touriga Nacional: De Krans Touriga Nacional 2017
Chenin Blanc: Doolhof Riviersteen Chenin Blanc 2017
Merlot: Doolhof Signature Single Vineyard Collection Merlot 2017
Wit Versnit: Flagstone Treaty Tree Reserve Sauvignon Blanc/Sémillon 2017
Sémillon: Ghost Corner Sémillon 2017
Cinsaut: Kaapzicht Skuinsberg Cinsaut 2018
Tannat: Kranskop Tannat 2017
Viognier: Lourensford Limited Release Viognier 2018
Roussanne: Mischa Estate Roussanne 2018
Gewurztraminer: Neethlingshof Estate Gewürztraminer 2019
Edel Laatoes: Neethlingshof Estate The Short Story Collection The Maria Weisser Riesling NLH 2017
Riesling: Nitida Riesling 2018
Cabernet Sauvignon: Nuy Mastery Cabernet Sauvignon 2016
Muskadel: Nuy Wit Muskadel 2006
Grenache: Ondine Grenache 2016
Shiraz: Ormonde Single Vineyard Chip off the Old Block Shiraz 2015
Cabernet Franc: Rietvallei JMB Cabernet Franc 2014
Natuurlike Soetwyn: Slanghoek Vinay Vin Rosé N/V
Rooi Versnit: The Glen Carlou Collection Red Blend 2017
Pinotage: Wildekrans Pinotage Barrel Select Reserve 2016