Wetenskaplikes verbind die streshormoon kortisol met gewigtoename
Vrouekeur-span
Of jy gestres is oor werkdrukte of oor jou persoonlike lewe in ’n warboel is, jou liggaam reageer asof hy aangeval gaan word en hy vir jou lewe moet baklei en skei die streshormoon kortisol af. Te veel kortisol vertraag jou metabolisme, wat gewigtoename tot gevolg kan hê. Dit maak dit ook moeiliker om te dieet,” sê dr Cyril Harrisberg, besturende direkteur en stigter van die The Stres Clinic, ’n afdeling van The Voice Clinic.
Stres affekteer gewigtoename ook op ander maniere:
Emosionele etery – Verhoogde kortisolvlakke kan maak dat jy ’n drang na ongesonde kos kry en oormatige opgewende energie kan maak dat jy meer eet as wat jy normaalweg sou.
Kitskos – Kenners glo vetsug het baie daarmee te doen dat ons te gestres en besig is om gesonde etes tuis voor te berei en op wegneemetes staatmaak.
Te besig om te oefen – Met die eise van ons gejaagde lewe, is oefening dikwels heel laaste op jou lysie. “Mense wil goed voel oor hulself. Eers as jy goed voel oor jouself is jy nie so gestres nie en kan jy jou volle en ware potensiaal bereik,” sê dr Judy Jaye, ontwikkelingsbestuurder vir The Stress Clinic.
Redeneer jy ook só?
Jaye wys op ’n paar illusies wat ons het as dit by gewigsverlies kom:
Jy kan eet wat jy wil en steeds gewig verloor. Sommige vervaardigers maak allerhande beloftes, maar die feit bly staan dat jy iets sal moet opoffer. Moenie alles prysgee nie, want dan gaan jy jou vergryp omdat jy gestres, moeg en geïrriteerd voel.
Matigheid bly die wagwoord.
Jy peusel in die geheim. Sommige mense glo regtig as niemand jou sien eet nie, tel dit nie en sal jy nie gewig aansit nie. Dit sluit daardie nagtelike besoeke aan die yskas in.
Gebreekte stukkies tel nie. Net omdat dit nie heel is nie, beteken nie dit bevat geen kalorieë nie. Gooi die gebreekte stukkies weg sodat jy kan beheer wat en hoeveel jy regtig eet.
Kinders se oorskiet. Ma’s dink oorskietkos tel nie. Moenie van jou lyf ’n asblik maak nie. Gooi oorskietkos weg. ?
Suikervrye lekkers. Baie suikervrye lekkers bevat steeds kalorieë en vet. Net omdat dit nie suiker bevat nie, beteken nie dis goed vir jou nie.
Kaasburger en tjips … met ’n dieetkoeldrank. Jy drink nou wel dieetkoeldrank, maar kies iets gesonder saam met dit.
Vloeistof tel nie. Koeldrank, melkskommels, alkohol en vrugtesap bevat alles hope kalorieë met min voedingswaarde. Omdat dit nie jou eetlus bevredig nie, dink mense dit maak nie vet nie. ’n Glasie alkohol nou en dan kan jou stres verlig, maar die sleutel lê weer in matigheid.
Souse. Net omdat dit oor jou kos gegooi word, beteken nie dit het nie kalorieë nie. Verander jou benadering tot kos as jy resultate wil sien. Gesonde kos is gelyk aan ’n gesonde lewenstyl. En onthou as jy te rigied met jou kos is, kan dit ook stres veroorsaak. Maak net meer dikwels meer gesonder keuses,” sê Cyril.
Die Voice Clinic doen gratis kommunikasie- en stres-assessering. Om meer hieroor en hul reeks groep-, korporatiewe en private programme uit te vind, besoek www.thevoiceclinic.co.za
SOURCES
Verskaf