Stresvolle gebeure kan die voordele van gesonde vette uitskakel, sê ‘n nuwe studie, wat in die joernaal Molecular Psychiatry gepubliseer is. Dit beteken egter nie jy kan enigiets in jou kieste stop as jy stres nie.
Zerelda Esterhuizen
Navorsers aan die Ohio State Wexner- mediese sentrum het die verband tussen stres, dieet en inflammatoriese merkers in die bloedstroom ondersoek. Chroniese inflammasie word met gesondheidsprobleme soos hartsiektes, diabetes en rumatoïede artritis verbind.
Jan Kiecolt-Glaser is ‘n professor in psigiatrie en het die studie bestuur. Hy noem dat hulle vroue tydens die studie ondersoek het en gemerk het dat stres goeie vette se effek in hul liggaam uitgeskakel het.
Volgens die navorsers toon die studie dat stres die potensiaal het om die voordele van gesonder vette uit te skakel, maar ook dat inflammasie oor tyd opbou en tot siektes bydra. Daarom is dit veral nodig dat jy gesonde koskeuses maak sodat jou liggaam gereed kan wees as daar stresvolle gebeurtenisse plaasvind.
BRONNE: https://jmolecularpsychiatry.biomedcentral.com, www.foxnews.com