Genadedood lok uiteenlopende menings uit. Ons kyk daarna in ons 30 Januarie-uitgawe. Lees hier meer oor ‘n lewende testament.
’n “Lewende testament” kan jou gesin ’n baie moeilike keuse spaar in die geval waar jy moontlik in ’n ongeluk was of ’n siekte opgedoen het en jy bewusteloos is en nie in staat is om laaste sake af te handel nie.
Hierdie lewende testament sal bepaal of jy kunsmatig deur middel van masjiene soos respirators en buisvoeding aan die lewe gehou moet word of nie. Hierdie situasie kan ook tot groot konflik en verwyte tussen familielede lei, veral waar familielede daaroor verdeeld is.
Hier is ’n voorbeeld van die bewoording van so ’n lewende testament
“Ek bepaal hiermee dat indien ek deur masjinerie aan die lewe gehou moet word, is dit my wens dat die masjiene afgeskakel moet word en indien ek totaal onbewus is van wat om my aangaan en ek met medikasie aan die lewe gehou moet word, moet die gebruik van medikasie gestaak word.”