Kom reis van 18 tot 29 Maart 2016 saam met
Seagull en Vrouekeur na Jordanië en Israel
Ons vlieg vanaf Johannesburg se OR Tambo-lughawe met Ethiopian Airlines via Addis Ababa na Tel Aviv. By Ben Gurion-lughawe aangekom, reis ons na die ou Romeinse stad Sesarea. By Sheikh Hussein gaan ons Jordanië binne. Die volgende dag bring ons in Petra, die roosrooi stad deur.
Dag vier vertrek ons vroegoggend weer deur die Sheikh Hussein-grenspos terug na Israel. Van daar noordwaarts na Galilea. Ons besoek Kana, die dorpie waar Jesus sy eerste wonderwerk verrig het. Ná middagete vertrek ons na Nasaret. Ná ontbyt die volgende oggend ry ons teen die Golan-hoogtes uit en kyk oor Sirië.
Dan volg Kapernaum, Tabgha, waar die wonderwerk van die vermeerdering van die brode en visse plaasgevind het, en die kerk op die Berg van Saligspreking waar Jesus die bergpredikasie gelewer het.
Dag ses ry ons na Megiddo (Armageddon) asook die berg Karmel. Dan suidwaarts al langs die Jordaanrivier tot by die Dooie See waar ons die water eerstehands kan ervaar. Ná ’n heerlike nagrus besoek ons Masada en bekyk Herodes se paleis vanuit ’n kabelkar.
Qumran is op ons pad na Jerusalem en een van die laagste plekke onder seevlak. Ons sit ons reis voort na Jerigo. Ons word in mooie Jerusalem wakker en besoek die Ou Stad, die bad van Betesda, die Bovertrek waar die nagmaal ingestel is, Siloam-bad en St Peter Gallikantu (Kajafas se huis) waar Jesus net ná sy arrestasie aangehou is. Ons volg die lydensweg wat Jesus na sy kruisiging gestap het terwyl hy die swaar houtkruis gedra het.
Dag nege vertrek ons na Bethlehem. Die moderne Bethlehem is ’n besige stad waar baie Arabiese Christene woon en werk. Van daar ry ons na berg Sion, die Hemelvaartkapel en die Nuwe Stad asook die Israel-museum.
Die volgende dag besoek ons Yad Vashem, die Joodse museum oor die uitwissing van die Jode tydens die Tweede Wêreldoorlog en die Toring van Dawid. Ons verken die moderne deel van Jerusalem. Ná ontbyt besoek ons die Tuingraf en die Tuin van Getsemané.
Laatmiddag vertrek ons na die lughawe vir ons terugvlug.
WAT KOS DIT?
Die landreëlings van die toer kos $2 130* per persoon wat deel en $650* vir ’n enkelbybetaling (bereken op ’n minimum van 20 toerlede), plus ’n vliegkaartjie van R3 500* per persoon.
INGESLUIT
- Retoervliegkaartjies van Johannesburg na Addis Ababa/ Tel Aviv/Addis Ababa/ Johannesburg met Ethiopian Airlines
- Twee etes per dag
- Gekwalifiseerde gids en luukse bus
- Alle toegangsfooie na museums
- Verblyf soos aangedui
UITGESLUIT
- Versekering:R450* per persoon
- Lughawebelasting: R5 500*
- Reisversekering: R350*
- Fooitjies: $100*
- Alle persoonlike artikels en etes nie op reisprogram aangedui
’n Deposito van R3 000, ’n voltooide besprekingsvorm en ’n kopie van jou paspoort sal jou plek verseker. Geen kredietkaartbesprekings word aanvaar nie. Dis jou eie verantwoordelikheid om ’n reisgenoot te vind om mee te deel, anders sal enkeltariewe geld. *Beraamde koste en onderworpe aan die wisselkoers