Ons kyk bietjie na stamselterapie
Is jy bekommerd oor genetiese manipulasie en die moontlike gevolge van stamselterapie? Lees hierdie week meer in Vrouekeur oor genetiese manipulasie, stamselterapie en alles wat daarmee verband hou.
Voordele van stamselterapie is onder meer
• Dit toon groot belofte vir die behandeling van siektes soos parkinsonsiekte, alzheimersiekte, skisofrenie, kanker en diabetes.
• Die kan navorsers in die toekoms help om die uitwerking van nuwe medikasie te toets sonder om van mense of diere gebruik te maak.
• Dit is mediese versekering teen toekomstige siektes.
Nadele
• Die newe-effekte op die duur is onbekend.
• Volwasse stamselle is beperk ten opsigte van generering van die tipe selle. Breinselle kan byvoorbeeld net breinselle genereer.
Bron: www.healthguidance.org