Jy kan jou sweet beheer
Vrouekeur-span
Selfs in koel temperature sweet baie mense steeds oormatig. Al is dit koud, sweet ons steeds om ons liggaamstemperatuur te reguleer. Hier is ‘n paar wenke:
- Stres kan ’n oorsaak van oormatige sweet wees. Doen ontspannende oefeninge soos joga wat stres verminder.
- Oormatige sweet is algemeen, maar die meeste mense is te skaam om ’n dokter daaroor te sien. Daar is mediese prosedures wat oormatige sweet kan stop.
- Dra katoenklere wat jou vel laat “asemhaal”. Vermy materiale soos nylon en spandeks wat nie lug deurlaat nie.
- Klere wat te styf sit kan sweet vasvang wat slegte reuke en kolle op klere veroorsaak.
- Bly uit direkte sonlig – die sonstrale verhit jou liggaam wat dan sweet om af te koel.
- Eet reg. Sommige kos en drinkgoed kan oormatige sweet tot gevolg hê. Vermy vloeistowwe wat kafïen bevat en disse met baie knoffel en uie.
- Oormatige sweet kan jou vinniger laat ontwater.
- Drink genoeg water om te keer dat jou liggaam ontwater.
- ’n Antiperspirant bevat chemikalieë wat porieë inhibeer om sweet vry te stel.
- Al word ’n deodorant gebruik, word sweet steeds vrygestel, maar dit beveg wel die bakterieë wat reuke veroorsaak.
SOURCES
Verskaf