Samsung het pas drie nuwe huistoestelle bekendgestel: ‘n AddWash-wasmasjien, HotBlast-konveksie-mikrogolf en ‘n yskas-vrieskas.
Samsung het pas drie nuwe huistoestelle bekendgestel: ‘n AddWash-wasmasjien, HotBlast-konveksie-mikrogolf en ‘n yskas-vrieskas.
AddWash-wasmasjien
Die wasmasjien in vinniger, meer eko-vriendelik en laat jou toe om wasgoed by te gooi terwyl dit besig is om te was. Hierdie wasmasjien is spesifiek vir die moderne mens se gejaagde lewe ontwerp met doeltreffendheid en gerief in gedagte. Jy kan ‘n bondel binne 30 minute was en kan selfs dié wasmasjien deur jou slimfoon se “Smart Controll”-toep aansit. Daar is ‘n slim ontwerpte “AddWash”-venstertjie in die deur van die wasmasjien wat jou toelaat om klere by te voeg of selfs versagmiddel gedurende enige gedeelte van die wassiklus by te voeg. Die wasmasjien is beskikbaar by sekere Samsung-winkels en voorste kleinhandelaars teen die volgende pryse:
- 9 kg – R 9 499
- 12 kg – R15 499
HotBlast-mikrogolf
Met nuwe tegnologie kan jy binne minute perfek voorbereide, gesonder maaltye met die HotBlast-mikrogolf geniet. Jou kos sal bros aan die buitekant wees, maar sappig van binne – asof jy ure bestee het om dit in ‘n tradisionele oond gaar te maak. Dié 32 l konveksie- mikrogolfoond se tegnologie verminder kooktye drasties met kragtige warm lug, wat deur veelvuldige luggate, direk op die kos geblaas word. Die wyer rooster laat jou kos meer eweredig verbruin terwyl die groot draaitafel groter borde en selfs pizzas akkommodeer. Die mikrogolfoond se Slim Fry-tegnologie kombineer ‘n rooster met warmlugsirkulasie om te verseker dat kos, met ‘n druppel olie, heerlik bros sal wees sonder olierige panne of spatsels. Die Samsung HotBlast-konveksie-mikrogolf is by sekere Samsung-winkels en voorste kleinhandelaars teen R5 999 beskikbaar.
Vrieskas-yskas
Die nuwe Samsung RT7000 en RT6000 is eerste in die TMF (top mounted freezer-refrigerators)-kategorie wat kos onafhanklik van mekaar vars hou deur middel van aparte lugtoevloei. Dit verbeter die doeltreffendheid van die yskas en vrieskas deur vrugte en groente varser te hou vir langer en voorkom dat reuke deur die vrieskas versprei. Dit maak gebruik van slim-tegnologie en spaar tot 42% krag. Daar is ook funksies soos “power freeze” en “power cool” om ys te maak en drankies vinniger as ooit te verkoel. Die yskas kan in ‘n vrieskas verander word, en andersom, of ‘n hele kompartement kan afgeskakel word as jy met vakansie gaan en dit nie benodig word nie. Die yskaste is by sekere Samsung-winkels en voorste kleinhandelaars teen die volgende pryse beskikbaar:
- RT6000K: R12 999
- RT7000K: R15 999