Wees kreatief, leef lekker, maar bring terselfdertyd die kostes af en spaar, sê Ansja Ferreira in ons 27 November-uitgawe. Hier is nog wenke om te bespaar
Geskenkwenke
• Koop dwarsdeur die jaar geskenke wanneer daar uitverkopings of spesiale aanbiedinge is. Leer ook om jou eie geskenke te maak soos kerse, sepies en plantjies in houers.
• Jou kind sal waarskynlik gereeld na maats se partytjies genooi word. Hou geskenke in ‘n laai in jou huis sodat jy nie op die nippertjie ten duurste geskenke hoef te koop nie.
Wees slim met klere
• Bêre jou ou klere as jy plek daarvoor in jou huis het. Wat dalk nou uit die mode is, is dalk oor ‘n jaar of twee weer in die mode of kan dalk vir een van die kinders pas.
• Koop klere van goeie gehalte wat lank sal hou en nie maklik skade sal opdoen van baie was nie.
• Leer jou kinders om hul klere goed op te pas sodat dit nie wegraak of maklik skeur of stukkend raak nie.
• Maak stukkende klere reg en moenie dit sommer net weggooi nie.
• As jy dit nie self kan regmaak nie, neem dit na iemand wat dit vir jou kan regmaak. Dieselfde geld vir skoene.
• Was jou klere op die regte manier sodat dit nie in die wasproses beskadig word nie.
• Ruil klere, kostuumjuwele en bykomstighede met jou susters en vriendinne uit.
Tem die skoolkoste-monster
• Kinders groei so vinnig en dikwels kan skaars gebruikte skoolklere spotgoedkoop by die skool se klerebank verkry word.
• Leer jou kind om sy skoolklere, skryfbehoeftes, penne, kosblikke en boeke op te pas. Skole beveel aan dat alles aan die begin van die jaar duidelik gemerk moet word.
Sekuriteit
Sluit by jou buurtwag aan. Wees versigtig met internettransaksies en loop lig vir slenters. Pas jou bankkaarte, identiteitsboekie en selfoon mooi op.
Vermy hierdie slaggate
• Is jou kinders werklik opgewasse om al die stimuli in ‘n besige winkelsentrum te kan hanteer? Bemarkingsveldtogte in winkels fokus dikwels op kinders en maak onder meer van produkplasing gebruik. Loop ook lig vir artikels wat naby die betaalpunte geplaas word. In bemarking is die gebruik van sielkundige tegnieke baie omstrede.
• Deur met ander mense te probeer byhou of meeding en dan onnodige finansiële uitgawes aan te gaan. Deur by te hou met die Joneses (jou bure, vriende en familie), kan jy dalk binnekort sukkel om kop bo water te hou en is skuldprobleme moontlik jou voorland. Is jy dalk iemand wat maklik iets sal gaan koop net omdat jou vriendin dit het, of sal jy dalk selfs skuld aangaan om by te hou. Is jou trots dalk jou grootste vyand, finansieel gesproke?