Seagull-toere wil jou die wêreld wys, en hierdie keer kan jy van 11 tot 25 Maart 2018 na Indië saamreis, met ’n opsionele verlenging van 25 tot 29 Maart na Nepal
Kom saam na Indië en beleef dié kleurryke, interessante land in al sy glorie. Jy kan onder meer uitsien na die Taj Mahal, Jaipur en sy fort, ’n riksjarit deur Ou Delhi se mark, die suide van Indië met Kochie en die Backwaters van Kerala. Heerlike kos en fantastiese inkopies wag!
Wat kos dit?
Die landreëlings van die toer kos 2 335* dollar en 520* dollar vir binnelandse vlugte in Indië per persoon wat deel (bereken op ’n minimum van 15 toerlede), met ’n bykomende tarief van 1 085 dollar* vir ’n enkelkamer, plus ’n vliegkaartjie van R3 290* (was R6 290) per persoon.
Ingesluit
- Retoervliegkaartjies in ekonomiese klas
- Binnelandse vlugte in Indië in ekonomiese klas
- Verblyf in luukse hotelle
- Twee etes per dag, middagete uitgesluit
- Luukse busvervoer met professionele busbestuurder
- Alle toegangsgelde
- Engelssprekende gids
Uitgesluit
- Binnelandse vlugte in Suid-Afrika
- Lughawebelasting: R7 135* (was R7 800)
- Reisversekering: R700*
- Visum
- Fooitjies: 150 dollar
- 130 dollar vir die opsionele Bollywoodmusiekprogram
- Alle persoonlike artikels
- Die verlengde toer na Nepal van 25 tot 29 Maart
’n Deposito van R5 000 asook ’n voltooide besprekingsvorm sal jou plek bespreek. Deelname aan die toer is op ’n “eerste daar, eerste klaar”-grondslag. Die volle balans van die toerprys is twee maande voor die vertrek betaalbaar. Kredietkaartbesprekings net vir internasionale vlugte en lughawebelasting.
*Beraamde koste, onderworpe aan die wisselkoers