Reis verbreed jou insig, stel jou aan nuwe plekke en mense bekend, en skep kosbare herinneringe. Maar dit kan jou baie geld uit die sak jaag, veral as jy in Rand moet betaa
LeisureFin
Die Amerikaanse skrywer Henry Miller het een keer gesê: “’n Mens se bestemming is nooit die plek nie maar ‘n nuwe manier om dinge te sien.” Clarence Ford, die gewilde radiopersoonlikheid by Heart FM, geesdriftige reisiger en stigter van die geakkrediteerde reisfinansierder en reisagentskap LeisureFin stem hiermee saam.
“Reis verbreed jou insig, stel jou aan nuwe plekke en mense bekend, en skep kosbare herinneringe. Maar dit kan jou baie geld uit die sak jaag, veral as jy in Rand moet betaal,” sê Ford. Hy verskaf vier goeie redes waarom jy jou swerflus moet bevredig en stel maniere voor om reis meer bekostigbaar te maak.
Vier belangrike huweliksherdenkings:
Elke jaar nadat die ja-woord gegee is, moet gevier word. Maar die 10de, 25ste en 50ste huweliksherdenkings verdien spesiale erkenning om die pad wat twee mense oor soveel jaar saamgeloop het, te vier. ‘n Ete by kerslig sal aanvanklik genoeg wees, maar groot mylpale vra vir iets soos ‘n romatiese reis. “Jy kan vir ‘n groot huweliksherdenking spaar, veral omdat jy jare voor die tyd daarvan weet,” sê Ford. “Maar om ‘n driester-vakansie in ‘n vyfster-geleentheid te omskep, het jy bykomende finansiering nodig om jou begroting aan te vul.”
Vier ‘n belangrike dag deur persoonlik daar te wees:
Talle Suid-Afrikaners het familielede wat oorsee woon, die liefde van hul lewe daar vind en dan wil trou. Indien dit jou seun of dogter, broer of suster is, wil jy op die Groot Dag daar wees – veral as jy gevra word om strooijonker of strooimeisie te wees. Dit kan egter moeilik wees om binne ‘n paar maande genoeg geld vir so ‘n reis bymekaar te maak. “’n Vlug Londen toe in ekonomiese klas kos sowat R11k terwyl ‘n vlug New York toe jou R17k uit die sak kan jaag. As jy verblyf, kos, vervoer, trouklere en trougeskenk byvoeg, kyk jy maklik na R25k per persoon,” verduidelik Ford. “As jy hierdie reiskoste in bekostigbare paaiemente kan terugbetaal teen koerse wat minder as die tradisionele vorms van finansiering is, kan jy jou reis geniet sonder om oor die koste bekommerd te wees.”
Ondersteun jou span oorsee:
Dit is geen geheim dat Suid-Afrikaners lief is vir hul sport nie. As jy ‘n groot sportliefhebber is, wil jy jou span ondersteun waar hulle ook al is. Dit is nie moontlik om self elke wedstryd in elke land by te woon nie. Maar dalk is daar een spesiale wedstryd in die buiteland wat jy net eenvoudig moet bywoon – veral as dit in ‘n land is wat jy nog altyd wou besoek. Die volgende Wêreldbekerrugby vind in 2019 in Japan plaas. “Só ‘n reis kan die band tussen pa en seun aansienlik versterk. Wanneer ‘n spesiale lid van die familie nie die geld het om te reis nie maar jy kan dit bekostig, kan jy dit oorweeg om daardie persoon se gedeelte as ‘n verjaardaggeskenk te finansier.”
Vind liefde op ‘n bootreis:
Bootreise is lank al nie meer met vir oumas en oupas nie. Van gesinne tot jazz-liefhebbers hou vakansie op ‘n boot. ‘n Buffet, versnaperinge en vermaak is 24 uur per dag beskikbaar. Bootreise soos die Love Cruise bied spesiale pakkette. As jy in Januarie vir drie of vyf nagte tussen Kaapstad en Mosselbaai of Kaapstad en Walvisbaai vaar, moet jy jou aandpak afstof en tot laatnag kan dans op die maat van nostalgiese musiek deur neuriesangers, jazz-musikante en musieklegendes. ‘n Bootreis is ook ideaal vir die Nuwejaar. “’n Boot is ‘n drywende hotel. Daarom is ‘n bootreis dikwels meer kostedoeltreffend as ander soorte vakansies waar jy ekstra vir vervoer, etes en verblyf moet betaal,” sê Ford. Geld kan egter skraps wees ná ‘n besige feesseisoen. Dit beteken dat bykomende finansies nodig kan wees om die volle koste van die bootreis te dek.
“Hierdie is ‘n paar van die redes waarom mense graag reis. Elkeen se idee van ‘n vakansie is anders – party mense wil Kilimanjaro uitklim terwyl ander op ‘n Kontiki-toer verkies of Disneyland wil besoek,” sê Ford. “Wat ook al jou bestemming is, ons finansieringsplan saam met Nedbank bied mededingende rentekoerse om jou reis te dek. Daarby is ons rentekoerse dikwels laer is as dié van kredietkaarte en persoonlike lenings.”
Om vir finansiering in aanmerking te kom, moet aansoekers ‘n gunstige kredietrekord hê en ‘n maandelikse inkomste verdien. “Verantwoordelike kredietgebruik is prioriteit by ons. Ons kyk na elke aansoeker se kredietrekord en bekostigbaarheid. Indien die finansiering goedgekeur word, kan aansoekers kies om dit oor 12 tot 60 maande terug te betaal,” verduidelik Ford.
Vir meer inligting, besoek www.leisurefin.biz of volg LeisureFin op Facebook by @leisurefin.biz