Ons tel al die dae af na die somer en met net ’n paar maande oor, is dit nou die tyd om van die ekstra winterkilogramme ontslae te raak
Hier is 5 wenke om jou lyf reg te ruk:
1 Eet voedsame sop
Maak die beste gebruik van die laaste koue maande en eet liewer ’n bakkie stomende, voedsame sop vir middagete in plaas van die gewone geroosterde toebroodjie en skyfies vol kalorieë. Soek jy ’n bietjie inspirasie? Loer hier na ons maklike sopresepte
2 Drink gesonde drankies
Het jy geweet jou daaglikse cappuccino bevat 120 kalorieë? Probeer liewer ’n gesonder warm drankie soos Freshpak Rooibos. As jy dit sonder melk of suiker drink, is dit omtrent kalorievry! Dis ook kafeienvry en hoog in antioksidante – as jy ses koppies rooibostee per week vir ses weke lank drink, sal dit jou anti-oksidantvlakke met 33% opstoot!
As dit eers ’n bietjie warmer word, kan jy weer jou rooibos in ’n verfrissende tuisgemaakte ystee geniet – van suurlemoen-bloubessie- tot vanielje-ystee. Die keuses is onbeperk! Klik hier vir maklike ysteeresepte.
3 Kom aan die beweeg
Dis moeilik om uit die wintertraagheid te kom, dus moet jy maar stadig begin. Begin deur in die oggend of aand te gaan stap en geleidelik die pas te versnel, van ’n stadige tot ’n flinke stap en ’n draf. Jy sal mettertyd jou hele buurt kafdraf.
4 Versorg jou voete
Nadat jy jou voete maande lank in dik kouse en stewels weggesteek het, is dit amper tyd om hulle weer vir die wêreld te wys. Vertroetel jou voete deur dit gereeld met ’n voetskrop en ‘n loofah in die stort te skrop, smeer dan ’n ryk voetroom aan jou hakke en sole en slaap in ’n paar sokkies om die maksimum bevogtiging te kry.
5 Kry ’n gesonde blos
Die winter met sy droë lug en wind kan ongenadig wees. Voeg ’n bietjie Rooibos by jou badwater vir ’n gesonde, gloeiende vel. Jy kan jou daarna van kop tot toon met ’n goeie room insmeer om jou vel te bevog.