Lees hier meer oor Jonathan, die fliek en kyk ook die lokprent van die film wat 2 Desember in teaters begin wys
Die film is geinspireer deur die internet sensasie, Jonathan van Radio Raps. Dit is ook Rikus de Beer, die man agter die skreeusnaakse en geliefde Jonathan, se debuut op die grootskerm. Behalwe vir De Beer sluit die rolverdeling legendariese en bekroonde akteurs in soos onder andere Brumilda van Rensburg, Paul Eilers, Anel Alexander, Jacques Bessenger, Eric Nobbs, Rika Sennett, Albert Pretorius, Frank Opperman, Lizz Meiring en Beate Opperman.
Die film vertel die storie van hoe Jonathan sy eerste tree in die grootmens wereld moet gee na hy op die ryp ouderdom van dertig uit sy ouers se huis moet trek. Volgens De Jager kan Suid-Afrikaners hulself regmaak vir ‘n skreeu snaakse rolprent stampvol insidente wat jou nog gaan laat giggel vir weke na jy die film gesien het.
JONATHAN word op 2 Desember 2016 in teaters landswyd vrygestel.