Saam met stres kom dinge soos angstigheid, slaaploosheid, vetsug, depressie, gemoedsteurnisse, alkoholisme en middelmisbruik.
Christa Swanepoel
Volgens die Suid-Afrikaanse Hartstigting is 75-90% van alle besoeke van pasiënte aan gesondheidsorggeriewe stresverwant.
Peter Jordan van Fedhealth stel die volgende voor om stres teen te werk:
1 Gebruik ’n aanvulling soos vitamien C, ’n kragtige antioksidant, en vitamien B, wat help om streshormone te balanseer en energievlakke te reguleer.
2 Magnesium word dikwels na verwys as die “natuur se ontspanningsmiddel” en soethout (liquorice) is die bekendste krui wat die adrenalienfunksie ondersteun en verhoog energie en uithouvermoë.
3 Beperk koffie, wat bloeddruk verhoog.
4 Kry genoeg oefening, wat endorfien produseer, ’n natuurlike antidepressant is en insomnia voorkom.
5 Eet gesond omdat ’n gebalanseerde dieet bloedsuiker beheer.
6 Slaap genoeg – agt uur se slaap sal die liggaam se batterye herlaai.
7 Ontspanningstegnieke soos joga en meditasie kan stresvlakke help verlig en jou kalm maak.
8 Neem beheer van jou gedagtes en let op hoe jy probleme benader.