Slegte asem kan vir groot verleentheid sorg, maar daar is raad
Deur: Christa Swanepoel
Slegte asem (halitose) is soms aan mediese toestande soos infeksie, diabetes en lewer- of niersiektes te wyte, maar meer dikwels word dit deur bakterieë veroorsaak.
Hieraan kan jy iets doen:
- Borsel tande twee keer per dag met ’n elektriese tandeborsel en fluoriedtan depasta en vlos om die kosdeeltjies tussen die tande te verwyder.
- Gee veral aandag aan openinge tussen tande en tandvleis. Plaak en periodontale siekte laat nie net die mond sleg ruik nie, maar beskadig die tandvleis.
- Verwyder kosreste van jou tongoppervlak met jou tandeborsel of tongskraper.
- Vermy suikerkosse en -drank – mondbakterieë floreer hierop en dit bevorder tandbederf.
- As jou mond droog is, drink gereeld water en spreek jou dokter om die oorsaak daarvan vas te stel.
- Speeksel is die natuur se ontsmettingsmiddel. Stimuleer speekselvorming deur gereeld iets te eet of suikervrye kougom te kou.
- Vermy mondspoelmiddels wat alkohol bevat omdat dit die mond droog kan maak.
- Moenie rook nie – tabak veroorsaak slegte asem, vlek tande en verhoog jou kanse om kanker in die mond te kry.
- Besoek gereeld jou tandarts en mondhigiënis.
- Vermy die eet van knoffel en uie omdat dit gasse veroorsaak wat deur die longe uitgeskei word. Kou aan pietersielie om hiervoor te help.
Zerelda is ons adjunkredakteur en werk al vir 13 jaar met woorde by Vrouekeur. Sy het joernalistiek studeer, skryf graag kortverhale en gedigte en droom van ’n digbundel én ’n roman – voor sy 80 word.