Op 16 en 17 April kan feesgangers 18 uitsoek Pinotages saam met nege verskillende gegeurde biltong, droëwors en salami’s van Joubert & Monty proe by die tweede Pinotage- en Biltongfees wat by L’Avenir Wynlandgoed buite Stellenbosch gehou word.
Maryke Roberts
Kom probeer die “Spicy BBQ” saam met Altydgedacht en Remhoogte se Pinotage, of gaan voluit vir die “Koffie-Pinotages” van Boland Kelder en Diemersfontein wat saam met die “Smokey Sweet Chilli” te proe is en moet ook nie die Pepperoni Salami en Mellasat se Wit Pinotage of Perdeberg se Vonkelwyn Rosé Pinotage misloop nie!
Hierdie kuierfees is vir die hele familie met musiek deur Guy Feldman en sy orkes, koskaravane, ligte etes en gemaklike sitplek onder die bome, langs die dam of op die grasperk langs die proelokaal.
“Een van die wonderlike karakter-eienskappe van Pinotage is die veelsydigheid van die druifsoort, veral as daar gekyk word na hoe goed dit pas by Joubert & Monty (J&M) se verskillende vleisprodukte”, sê Beyers Truter van Beyerskloof, een van Suid-Afrika se bekendste Pinotage produseerders, wat die middag se eregas was, saam met Kyle Kristal en Angie Hadjidakis van J&M Biltong.
Die 18 deelnemende wynplase is: Altydgedacht, Anura Wingerde, Badsberg Wynkelder, Beyerskloof Wyne, Boland Kelder, Chamonix, Diemersdal Wynlandgoed, Diemersfontein Wyne, Flagstone Wyne, Kaapzicht Landgoed, Lanzerac Wynlandgoed, L’Avenir, Mellasat Wingerde, Perdeberg Wyne, Remhoogte Wynlandgoed, Rhebokskloof, Rijk’s Privaat Kelder en Tulbagh Wyne.
Heelwat van hierdie kelders bied op die dag ekstra Pinotage’s te proe aan as deel van die fees, en besoekers sal dus die geleentheid kry om heelwat wyne te proe en te koop.
Vanjaar is die Anna Foundation deel van die fees en feesgangers kan meer uitvind van die goeie werk wat hulle doen en deelneem aan ‘n fondsinsamelingsprojek. Besoek www.annafoundation.com vir meer inligting.
Kaartjies is beskikbaar teen R150 elk en sluit ’n feesglas en proe-kaart in. Besprekings kan gemaak word by www.plankton.mobi en by aangewese Joubert & Monty winkels. Besoek www.joubertandmonty.co.za of J&M se Facebook-blad om uit te vind waar jou naaste winkel is.
Hantie Smit van L’Avenir Wynlandgoed saam met Beyers Truter van Beyerskloof, een van Suid-Afrika se bekendste Pinotage produseerders.
SOURCES
Clifford Roberts