Soms is dit nie ons wat padwoede ervaar nie, maar is ons aan die ontvangkant van ’n ander motoris se padwoede.
Volg dié riglyne om jou risiko te verminder:
- As jy stadig ry, hou aan die linkerkant van die pad.
- Moenie ander motoriste uitdaag deur vinniger te probeer ry nie. Behou jou spoed.
- Wanneer jy in die regterkantse baan ry en iemand wil verbykom, beweeg na die linkerkantse baan.
- Ignoreer aggressiewe motoriste en vermy oogkontak.
- Ignoreer dit as ander motoriste tekens vir jou wys.
- Gehoorsaam die padreëls. Dit sluit in om nie op jou selfoon te praat of te rook terwyl jy bestuur nie.
- Dui vroegtydig aan as jy van bane wil verwissel.
- Ry stadiger as iemand jou afsny en gee die motor genoeg ruimte om van bane te verwissel.
- Moet nooit onbeskofte handgebare maak nie, selfs ook nie dié wat jy as onskuldig beskou, soos om jou kop te skud nie.
- Laat minstens ’n ruimte van twee sekondes tus sen jou en die motor voor jou. Niemand hou daarvan as ander motors te naby aan hulle ry nie.
- Moenie reageer as iemand aggressiewe gedrag toon nie. Sluit jou motordeure, neem die registrasienommer van die motor en rapporteer die voorval by ’n polisiekantoor.